Kiesafdeling Valsbaai

Valsbaai was van 1953 tot 1994 'n kiesafdeling vir die Suid-Afrikaanse Volksraad in die omgewing van Strand en Gordonsbaai in die Helderbergstreek en in sy vroeë stadia ook ooswaarts tot by Caledon.

Kiesafdeling Valsbaai
Dirk Uys, LV vir Valsbaai van 1958 tot 1970.

Agtergrond

Afbakeningskommissies het van 1910 af telkens verander aan die grense en name van die kiesafdelings in die Helderberg en Overberg. In 1910, 1915, 1920, 1921 en 1924 was daar net Caledon. In 1929 kom Bredasdorp en Hottentots-Holland by. Die drie bestaan sy aan sy tot 1953 toe Caledon en Bredasdorp gekombineer word en Valsbaai sy opwagting maak. Caledon-Bredasdorp verdwyn voor 1958 se verkiesing en sy LV, Dirk Uys, word LV vir Valsbaai. In 1966 word Caledon opnuut afgebaken, maar Hottentots-Holland afgeskaf. Eers weer in 1974 regverdig die kiesertal in dié streek die instel van 'n derde kiesafdeling, wat tot 1994 as Helderberg sou bekend staan.

1958-1961

Die LV vir Caledon-Bredasdorp, Dirk Uys, wen in 1958 in die nuwe kiesafdeling Valsbaai met 'n meerderheid van 777 stemme teen die Verenigde Party se J.J.S. Jordaan. In die volkstemming oor republiekwording in 1960 bring Valsbaai se kiesers 6 517 ja-stemme en 4 609 nee-stemme uit. In 1961 se algemene verkiesing stel Japie Basson en Henry Fagan se Nasionale Unie nietemin 'n kandidaat in Valsbaai, maar P.M. van Heerden kry 3 781 stemme vergeleke met Uys se 6 731, vir 'n oortuigende meerderheid van 2 950.

1966 en later

In 1966 word Uys onbestrede verkies en bly nog LV tot 27 Januarie 1970. In die algemene verkiesing daardie jaar kry die N.P. se Chris Heunis 7 863 stemme vergeleke met die V.P. se J.I. de Villiers se 3 739. Heunis skuif in 1974 oor na die nuwe kiesafdeling Helderberg, waar hy met 'n meerderheid van 2 625 stemme wen en in Valsbaai klop J.T. Albertyn die V.P. se P.J. Swanepoel met 'n meerderheid van 3 421. Die N.P. behou Valsbaai in 1977, 1981, 1987 en 1989.

Sien ook

Bredasdorp, Caledon, Ceres, Clanwilliam, Helderberg, Hottentots-Holland, Malmesbury, Moorreesburg, Paarl, Piketberg, Riversdal, Stellenbosch, Swellendam, Wellington, Worcester

Bronne

Tags:

Kiesafdeling Valsbaai AgtergrondKiesafdeling Valsbaai 1958-1961Kiesafdeling Valsbaai 1966 en laterKiesafdeling Valsbaai Sien ookKiesafdeling Valsbaai BronneKiesafdeling ValsbaaiCaledonGordonsbaaiHelderbergStrand, Wes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GasHandelsmerkAfrikaanse WikipediaSwartkwasmuishondChapmanspiek-rylaanSkaakRassismeSatellietGrondwet van Suid-AfrikaDigtheidVigsVersamelnaamConsolidated B-24 LiberatorLimpopo (rivier)LatynKarakteriseringAntisemitismeBesoedelingHokkieMierNierversakingPornhubPikkewynXenofobie in Suid-AfrikaBernice WestKrokodilVaste stofHartEerste WêreldoorlogMuishondGqeberhaVleilandAardbewingLeierSirkusOplossing (chemie)YsbeerCradock-4Pad na jou hartPropagandaTsongaRivierLys van Kaapstad se voorstedeSuikersiekteMenslike skeletSpinnekopStadTafelbergPseudowetenskapSwawelBloeddrukSoweto-opstandVrouVersoeningsdagSelfmoordVoornaamwoordMeningsverskil oor aardverwarmingBelastingJan van RiebeeckPapierAppendiksKoolhidraatBTWWet op Bantoe-onderwysChroniese siekteHeelgetalOseaanByvoeglike naamwoordNamakwalandMuskeljaatkatGroot TrekAluminiumAfrikanersGrondbesoedelingLys van Suider-Afrikaanse soogdiereDuitsland🡆 More