Die Grasuil (Tyto capensis) word in Suid-Afrika as kwesbaar beskou, met net tussen 1000 en 5000 oorblywende voëls in die land.
Die spesie is in die suid-westelike dele van Suid-Afrika en in Lesotho uitgewis en die gesamentlike druk vanaf ontwikkeling; wanbestuur van vuur; landbou; oorbeweiding; bosbou en padsterftes lewer ernstige kommer oor die spesie se voortbestaan. Die IUCN se Red List of Threatened Species se 2004-bepaling beskou die voël egter as nie-bedreigd ("least concern").
Grasuil | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | T. capensis |
Binomiale naam | |
Tyto capensis (Smith, 1834) |
Grasuile verskil uiterlik van die nonnetjie-uil in dat hulle groter is, met sterker kontras tussen die bo- en onderlyf. Die bolyf is donker bruin en die onderdele is witterig. Die gesig is ook ronder as dié van die nonnetjie-uil.
Die spesie benodig digte plantegroei soos die lang gras wat op die hoëveld voorkom, gewoonlike naby vleie. Hier sal die uil op die grond skuil en nesmaak, en vorm tonnels in die gras. Dit sal huiwerig opvlieg as dit versteur word, en sak dan gou weer terug in die gras in. Grasuile is meestal naglewend, en kom kort ná sonsondergang uit.
Hul dieet bestaan hoofsaaklik uit knaagdiere, veral die vleirot, maar ook voëls, reptiele, paddas en insekte.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Grasuil, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.