Ntsikeni-Natuurreservaat

In die Ntsikeni-natuurreservaat in Griekwaland-Oos is die grootste vleiland op so ‘n hoë hoogte bo seespieël in Suid-Afrika.

Ligging

Die reservaat lê in die voetheuwels van die Drakensberge, tussen die nedersettings Creighton en Franklin in die suide van kwaZulu-Natal, noord van Kokstad, oos van die R617-streeksroete en suid van Himeville, Underberg en die Coleford-natuurreservaat. Dit is by koördinate 30° 8′ suid en 29° 28′ oos.

Reservaat

Die wildpark is 9 200 ha groot, waarvan 1 070 ha ‘n vlei op ‘n besonder hoë plato is. Hierdie gebied bereik ‘n hoogte van 1 750m bo seevlak en die hoogste pieke is dikwels in digte mis gehul en is selfs soms bo die wolkdek. Sneeu kom jaarliks voor. Die meer dreineer na die noorde en reguleer die vloei van die bolope van die Umzimkulurivier. Dit speel ‘n groot rol in die waterbewaring en -voorsiening vir die gemeenskappe stroomaf. Omdat die reservaat so afgeleë is, het min ekologiese veranderinge plaasgevind. Die gebied leen hom uitstekend tot voetslaan, perdry, bergfietsry en besigtiging van dierelewe. Akkommodasie is beskikbaar. Die paaie in die reservaat is in ‘n swak toestand.

Flora en fauna

Ongeveer 1 300 plantspesies, waarvan 65 orgideesoorte, kom hier voor. Meer as 120 voëlspesies is al waargeneem. Die bekendste voëls in die reservaat is die grootrietreier (roerdomp), lelkraanvoël, Afrikaanse kwartel, grootriethaan, vleikuikens, grasuil, kransaasvoël, baardaasvoël, geelborskoester, kalkoenibis, witkruisvleivalk, rooireier, Kaapse ooruil, Afrikaanse vleivalk, veldpou en sangvoëls van die Cisticolidae. Ander diere is die rietbok, groototter, oorbietjie, rooiribbok, vaalribbok, gewone duiker en die langtoon-boompadda (Leptopelis xenodactylus). In 2008 is swartwildebeeste en blesbokke na Ntsikeni oorgeplaas.

Geskiedenis

Die gebied is in 1978 tot natuurreservaat verklaar. Met ‘n grensverskuiwing is dit in 2006 deur die Oos-Kaap aan KwaZulu-Natal oorgedra. In 2010 is dit tot Ramsar-gebied verklaar.

Lees ook

Bibliografie

  • Bryan, Peter en John Graham: Ntikeni Nature Reserve - an overlooked IBA. In Africa Birds en Birding, Februarie/Maart 2006. www.fitzpatrick.uct.ac.za
  • https://africageographic.com
  • wiki.sabirding.co.za
  • www.saramsar.com

29°28′O / 30.133°S 29.467°O / -30.133; 29.467

Tags:

Ntsikeni-Natuurreservaat LiggingNtsikeni-Natuurreservaat ReservaatNtsikeni-Natuurreservaat Flora en faunaNtsikeni-Natuurreservaat GeskiedenisNtsikeni-Natuurreservaat Lees ookNtsikeni-Natuurreservaat BibliografieNtsikeni-NatuurreservaatGriekwaland-Oos

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RooikatAfrikanersKrokodilVryheidsmanifesByFranse RewolusieTrekarbeidGautengPornografiese akteurSlag van Cuito CuanavaleNasiebouSteenkool in Suid-AfrikaAfrican National CongressLys van kinderspeletjiesHartaanvalEugenetikaNiemetaalOrgasmeBybelNaaldekokerKondensasieLourensrivierDoodstrafSuikersiekteGeweldRooms-Katolieke KerkDriedimensioneelMangelontstekingMeningsverskil oor aardverwarmingKasterolieMynbedryf van Suid-AfrikaSteve HofmeyrVerantwoordelikheidGeestesteuringVersamelnaamIndo-Europese taleToekoms van die AardeErfenisdag (Suid-Afrika)GeboorteAntjie KrogKanadaCleopatra VIIOutismeKoolstofBeurtkragBysinSaartjie BaartmanReënspinnekopVigsSoortnaamMonumentVoortplantingLeestekenRuslandJodeErns GrundlingSteenkoolVoorvoegselDigvormGedigRussiesLJaco JacobsKappie (skryfteken)Intensiewe vormEnsiklopedieKlavierPlaattektoniekJeugdagHomoniemKewerVierhoekHerfsKeelseerRudi ClaaseDonkie🡆 More