Die Trompetvis (Aulostomus chinensis) is 'n straalvinnige vis in die familie van Trompetvisse (Aulostomidae).
Die visse kom in die Indies-Pasifistiese area en aan die ooskus van Afrika tot by Oos-Londen voor. Die wetenskaplike naam vir die spesie is vir die eerste keer in 1766 deur Carolus Linnaeus gepubliseer. In Engels staan die vis as die Chinese trumpetfish bekend.
Trompetvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. chinensis |
Binomiale naam | |
Aulostomus chinensis (Linnaeus, 1766) |
Die vis het 'n lang, skraal liggaam wat lateraal saamgepers is met 'n lang, buisvormige bek. Die liggaam is geel of bruin, met groen vinne. Die vis het 'n platter kop en lyf as die fluitbek en daar is 'n ry van 8-13 kort stekels voor die dorsale vin. Dit het ook nie die lang stertfilament soos die fluitbekke nie. Die liggaam is tot 80 cm lank.
Hierdie visse staan dikwels regop in die water, met die kop na onder, tussen seevere en koraal terwyl hulle vir prooi wag. Hulle dryf ook soms bewegingloos soos 'n stukkie hout rond. As 'n skool visse verby swem slaan hulle soos 'n bliksemstraal toe.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Trompetvis, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.