Thomas Pakenham

Thomas Francis Dermot Pakenham (gebore op 14 Augustus 1933 in Bayswater, Londen), ook bekend as Thomas Pakenham, is 'n Anglo-Ierse geskiedkundige en boomkenner wat bekroonde boeke oor 'n verskeidenheid van onderwerpe geskryf het, soos onder meer Afrika-geskiedenis, die Victoriaanse era, Britse geskiedenis in die post-Victoriaanse era, en bome.

Agtergrond

Pakenham is die seun van Frank Pakenham, 'n minister van die linkse Arbeidersparty, en Elizabeth Longford. Hy het sewe broers en susters. Onder hulle tel die bekroonde geskiedkundige en biograaf Antonia Fraser, wat die weduwee is van die dramaturg Harold Pinter. Sy suster, Rachel Billington, is ook 'n skrywer, en getroud met die regisseur Kevin Billington. Sy suster Judith Kazantzis is 'n digter; en sy broer Kevin Pakenham werk vir die Stad van Londen. Hy is ook die neef van die voormalige onderleier van die Arbeidersparty, Harriet Harman.

Biografie

Nadat Pakenham in 1955 van Belvedere Kollege en Magdalen Kollege, Oxford, gegradueer het, hy na Ethiopië gereis, welke reis beskryf word in sy eerste boek getiteld The Mountains of Rasselas. By sy terugkeer na Brittanje was hy deel van die redaksie van die Times Educational Supplement, en later ook die The Sunday Telegraph en The Observer. Hy woon beurtelings in Londen en County Westmeath, Ierland, waar hy die voorsitter van die Ierse Genootskap vir Bome, en 'n ere-bewaarder van Tullynally-kasteel, is. Hy was die eienaar van die Longford Greyhound Stadion, maar het die stadion in 1966 aan Longford Sports Bpk. verkoop.

Bibliografie

Boeke waarvan Thomas Pakenham die outeur of mede-outeur is:

  • The Mountains of Rasselas: Ethiopian Adventure, ISBN: 0-297-82369-8, (1998)
  • The Year of Liberty: The History of the Great Irish Rebellion of 1798, ISBN: 0-679-74802-4
  • The Boer War, ISBN: 0-349-10466-2 (wenner van die Cheltenham-prys) (1979)
  • The Scramble for Africa, ISBN: 0-349-10449-2 (wenner van die WH Smith Literêre prys en die Alan Paton-prys) (1991)
  • Meetings with Remarkable Trees, ISBN: 0-297-83255-7 (aangepas vir 'n radio- en televisiereeks met dieselfde naam) (1996)
  • Remarkable Trees of the World, ISBN: 0-297-84300-1 (2002)
  • Remarkable Baobab, ISBN: 0-297-84373-7 (2004)
  • The Company of Trees: A Year in a Lifetime's Quest, ISBN: 978-0-2978-66244. (Orion Publishing Group, Londen) (September 2015)

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Thomas Pakenham AgtergrondThomas Pakenham BiografieThomas Pakenham BibliografieThomas Pakenham Eksterne skakelsThomas Pakenham VerwysingsThomas Pakenham14 Augustus1933BomeLonden

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NetbalReddingskakeSanskritLettergreepGroblersdalMaría KodamaDokterPretoriaSurveyor 5SEskomApartheidTropicosTegnologieSendelingposisieKrieketAustraliëAnna GravesHeilige geskrifteOlifantBok van BlerkVivian BonnellDroomObesiteitVoorsetselBorsklierKolonoskopieAnemiePokerParysProtestantismeFotosinteseJazzGqeberhaDiensplig in Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Jochem van BruggenIntensiewe vormRenosterNederlandsLangste woordFSpinnekopLidwoordEb-3 visaSwitserlandLillie-broodboomAfrikaAtheneAardeAsteroïdeHeidelberg, GautengKommunistiese Party van die SowjetunieIndo-Europese taleTurkyeDepressie (gemoedstoestand)LigDermpoliepMaselsMiltTransgenderLys van eerste honderd NG gemeentes in Suid-AfrikaFamilie (verwantskap)LesbiërOntwerpRinkhalsBrandmondsindroomGewone luislangSemenHenry CavendishLeeuGregoriaanse kalenderKathleen BurkeNoord-KaapKatastrofiese beserings🡆 More