Tanja Storm: Suid-Afrikaanse aktrise en musikant

Tanja Storm, alias Tanja Bodenstein (* 1984 in Melkbosstrand) is ‘n veelsydige kunstenaar wat teater- en dansopleiding het, en ook naam maak in die musiekbedryf.

Opvoeding

Sy het in 1991 haar laerskoolloopbaan by Laerskool van Riebeeckstrand begin en vanaf 1992 tot 1997 was sy op Laerskool Hartenbos. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Punt in 2002.

Haar tersiêre opleiding het sy by South Cape College in George deurloop, en het in 2013 'n verdere kwalifikasie by UNISA behaal.

Toneel

Sy het reeds in verskeie toneelstukke by die George Kunsteater verskyn en het 'n rol vertolk op Klikkerland, 'n kinderprogram wat op kykNET uitgesaai is.

Musiekloopbaan

In 1999 sluit sy aan by haar eerste musiekgroep. In dieselfde jaar begin sy ook met musiekoptredes. In 2009 stel sy haar eerste album vry by die KKNK, waar sy 20 optredes in een week gedoen het.

Sy is ook by liefdadigheidsprojekte betrokke onder andere vir die DBV en S.M.A.R.T.

In 2007 is sy met Charl du Plessis van Danabaai getroud, maar die paartjie het later geskei.

Diskografie

Talking in your sleep (2009)

1. Vergeet my nie

2. Never Enough

3. Tevergeefs

4. History

5. Jy's 'n Harlekyn

6. Voices Carry (cover)

7. Bly By My Vanaand

8. There's Still Me

9. Ewig Groen

10. Not Gone

11. Vervalle Hart

12. Talking in your sleep (cover)

Ek is op pad (2019)

1. Blues vir Jou

2. Ek is oppad

3. Grootste Wens

4. Hi Hi

5. Is Jy 'n Engel

6. Jou Liefde's 'n Leuen

7. Môreson

8. Vergader Jou Skatte

9. Vergete Kind

10. Laksman

Enkelsnitte

Empty Promises (2016)

I Fall (2016) ISRC Code:

I Have Come Home (2017)

Môreson (2017)

No Place Like Home (2018)

Wicked Games (2018)

Time (2019)

No More Money Blues (2019)

Gemeenskap

In 2013 het Tanja by die Oliver Twist Projek by die Barnyard Teater in Reed Valley vir SAPREC opgetree. In 2017 het sy by Mnr. Gay Wêreld in die Atterburyteater in Pretoria opgetree. Sy het ook in 2018 'n gratis opvoering gelewer vir ODIN (Oudtshoorn Dogs In Need).

Bronnelys

Eksterne skakels

Tags:

Tanja Storm OpvoedingTanja Storm ToneelTanja Storm MusiekloopbaanTanja Storm DiskografieTanja Storm GemeenskapTanja Storm BronnelysTanja Storm Eksterne skakelsTanja Storm1984Melkbosstrand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SwartbewussynsbewegingXenofobie in Suid-AfrikaBTWHeuningbyNarsistiese persoonlikheidsteuringChroniese siekteChristiaan Frederik BeyersGroepsdrukOrale seksHoofkarakterAngssteuringBoelieryVerlede tydSteenkool in Suid-AfrikaVoedingNederlandsGevolge van aardverwarming op oseaneOlimpiese SomerspeleGeslagsgelykheidJohannesburgBorskankerSteenkoolGrondwet van Suid-AfrikaBoerboelDeelwoordBorsteSkaakMidde-OosteMagsverheffingLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)PersoonlikheidAlliterasieKoue OorlogSteve BikoGoudkus (streek)Finale OplossingGrondVrystaatLandbouRassisme in AfrikaGeskiedenis van Suid-AfrikaD.J. OppermanWhatsAppDie ontstaan van die dramaMaatskaplike verantwoordelikheidJo BlackTransatlantiese slawehandelFinansiële staatBeesIoonKunselementeDialoog in fiksieRoofvoëlAppel (sanger)AmhariesRoesDigtheidGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaXhosaMynbouMonopolieSias ReineckeWikipediaKatNamakwalandEuropaAdolessensieJudaïsmeBreinvliesontstekingDemi Lee Moore3D-rolprentLien se lankstaanskoeneLeeuE-posEerste WêreldoorlogLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaKaapstad🡆 More