Submaan

’n Submaan is ’n natuurlike satelliet wat om ’n ander natuurlike satelliet wentel, dus die maan van ’n maan, ook bekend as ’n subsatelliet of maanmaan.

Uit die bestudering van natuurlike satelliete in die Sonnestelsel is afgelei dat submane wel in planeetstelsels kan voorkom. Die meeste eksoplanete is reuseplanete en sommige, soos Kepler-1625b, het ’n groot eksomaan, Kepler-1625b I. In die Sonnestelsel het die reuseplanete – Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus – groot versamelings natuurlike satelliete. Daar kan dus redelikerwys aangeneem word submane bestaan in die Sonnestelsel, asook in ander planeetstelsels.

Geen "maanmaan" is egter nog in of buite die Sonnestelsel ontdek nie. In die meeste gevalle sal die gety-invloede van die planeet so ’n stelsel onstabiel maak.

Rea

Submaan 
’n Kunstenaarsvoorstelling van Rea se ringe.

Die moontlike waarneming van ’n ringstelsel om Saturnus se maan Rea het gelei tot berekenings wat aandui ’n natuurlike satelliet wat om Rea wentel, sal ’n stabiele wentelbaan hê. Verder is vermoed die moontlike ringe is smal, ’n verskynsel wat gewoonlik met ’n herdersmaan (’n maan in ’n ring) verbind word. Op beelde deur Cassini kon geen ringe egter om Rea gevind word nie.

Iapetus

Daar is ook al voorgestel Saturnus se maan Iapetus het ’n submaan; dit is een van verskeie hipoteses wat sy ekwatoriale rif verduidelik.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Submaan IapetusSubmaan VerwysingsSubmaan Eksterne skakelsSubmaanNatuurlike satelliet

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Geografie van Suid-AfrikaIndonesiesHaasHenri MoissanMosselbaaiLewerMenseregteMielieKoppeltekenMiljard28 MaartKunsmusiekRob HersovAkkedisHentaiSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Batik AirKlein-KarooSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024AllergieAntarktikaJoaquin PhoenixSewe doodsondesNiersteenTang-dinastieLandbouRing van VuurDonkieAnilingusMaroela MediaSeksueel oordraagbare infeksieLys van kleureJaarHelpmekaar-kollegeKlem-in-die-kaakSeksuele opwekkingKolitisTallinnVictoria AzarenkaElandréJoe BidenCharles II van EngelandSpelerposisies in rugbyInternetBorsteJuan Antonio VillacañasOosters-Ortodokse KerkHertzogprysSportIlya SutskeverWes-GhatsBalletInterlingueIndiëXhosaVrymesselaryCorlia FouriePolisieNuwe TestamentKnopiespinnekopPous Nicolaas IVGodsdiensTien GebooieJapanRaymond KurzweilThe GuardianDuitse maselsDie BylBahreinAfrikaansAbdomenRanger 5Maria MagdalenaPous Martinus VTongaProstaatklier🡆 More