Sten: Masjiengeweer

Die STEN (ook Sten-submasjiengeweer) is 'n familie van Britse submasjiengewere wat 9×19mm parabellumkaliber-ammunisie gebruik.

Die masjiengeweer is grotendeels deur die Statebondlande tydens die Tweede Wêreldoorlog en Korea-oorlog gebruik. Die wapen het 'n eenvoudige ontwerp gehad en was goedkoop om te vervaardig wat dit 'n effektiewe wapen gemaak het vir gebruik deur insurgensie- en weerstandsgroepe. Die wapen word steeds gebruik deur informele militêre magte. Die STEN het as basis gedien vir die Sterling-masjiengeweer, wat dit vervang het in die Britse Magte in die 1980's. Later is ál die masjiengewere vervang deur die SA80.

Sten: Masjiengeweer
STEN-masjiengeweer

Die STEN se vuursiklus is verstelbaar en die terugslag vind outomaties plaas. Die magasyn knip aan die linkerkant van die masjiengeweer vas, en nie onder soos die normale konfigurasie is nie. STEN is 'n akroniem wat saamgestel is van die wapen se hoofontwerpers, majoor Reginald V. Shepherd en Harold Turpin, en EN vir die Enfield-fabriek.

Daar is meer as viermiljoen STEN's vervaardig in al die verskillende weergawes gedurende die 1940's; dit is die tweede grootste produksieloop van alle submasjiengewere vervaardig tydens die Tweede Wêreldoorlog na die Sowjetunie se PPSh-41.

Verwysings

Tags:

Britse StatebondInsurgensiewapenKorea-oorlogSubmasjiengeweerTweede Wêreldoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kragonderbreking van 2003 in Noordoos-AmerikaVratPuberteitEpilepsieSelSuzuki Vitara BrezzaAnrich HerbstWes-GhatsTaalwetenskappeKoöperasiestoriesGewone janfrederikMarkenSannie Uys (skrywer)Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHemelvaartsdagWêreld- Ekonomiese ForumMilwaukeeHartaanvalBobby AngelNorfolk-eilandKalenderBemarkingOrgasmeLiewe HeksieLeah van NiekerkDie BylKadmiumUniversiteit van die WitwatersrandATelstar 1Afrikaanse woordelys en spelreëlsBorstePous Leo XRing van VuurRomeIdioomVerenigde NasiesRooms-Katolieke KerkSirkelPornhubWiki CommonsLangste woordElandréWikiAmber HeardSowjetunieLewerSuid-Afrikaanse PolisiediensOlifantSaccharomyces cerevisiaeAfrikaanse TaalbewegingAkkedisAmerikaanse BurgeroorlogTien GebooieGeskiedenis van Suid-AfrikaHermie HendriksAtheneVolkekundeBaskelandKleinkolmuskeljaatkatTrigeminale neuralgieKriekVatikaanstadHazopNarsismeTheodore RooseveltBlourokkeKijifEtihad AirwaysHadjTale in Suid-AfrikaNabye Ooste🡆 More