Stampriet: Nedersetting in Namibië

Stampriet is ’n dorpie in die streek Hardap van Namibië.

Dis geleë in ’n dorre gebied aan die bolope van die Auobrivier waar mens en dier van boorgatwater afhanklik is, 64 km noordoos van Mariental en op ’n hoogte van 1 177 m bo seespieël.

Stampriet
Druiwe groei in Stampriet
Druiwe groei in Stampriet
Stampriet is in Namibia
Stampriet
Stampriet
Koördinate: 24°20′00″S 18°24′00″O / 24.33333°S 18.40000°O / -24.33333; 18.40000 18°24′00″O / 24.33333°S 18.40000°O / -24.33333; 18.40000
LandVlag van Namibië Namibië
StreekHardap
KiesafdelingMariental-Land
Hoogte
1 177 m (3 862 ft)
Stampriet: Nedersetting in Namibië
Die eerste boorgat word op Stampriet gesink, 1910.

Stampriet is in 1898 gestig as ’n handelspos in die destydse Duits-Suidwes-Afrika. Dit was die toneel van talle gevegte tussen Duitse en Namatroepe. In 1970 was die nedersetting se bevolking 70 wit, 1 bruin en 195 swart. In die ou dae het dit as Stamprietfontein bekendgestaan, afgelei van die plaaslike fonteine van destyds wat met riete omsoom was. ’n Kenmerk van die dorpie en sy omgewing is die besonder sterk boorgate, waarvan sommige tot 3,5 miljoen liter water per dag lewer. Gevolglik maak boere in die omgewing hoofsaaklik staat op besproeiing en verbou veral graan, mielies en lusern.

Stampriet is die tuiste van die Privaatskool Elnatan wat in April 1992 hier gestig is en intussen aangegroei het tot sowat 370 leerlinge van gr. 1 tot 12 en 61 personeellede (onderwysers, administratiewe, terrein- en koshuispersoneel ingesluit). Omdat Stampriet so klein is, gaan meer as 80% van die leerlinge tuis in Elnatan se vier koshuise. Die skool lok leerlinge uit alle uithoeke van die land waar min privaat skole Afrikaanse onderrig tot in gr. 12 bied. Buiten 'n beroepsgerigte afdeling, geskied Elnatan se onderrig grotendeels deur middel van Afrikaans.

Die naam Stampriet is 'n vertaling van die Khoikhoi-naam Aams, wat "riet" en "stamp" beteken na aanleiding van die riete wat platgetrap moet word om by die fontein uit te kom of "rietdans", wat dui op die plek waar die rietdans gestamp is. In die ou dae het die plek as Stamprietfontein bekendgestaan, maar die agtervoegsel is later laat vaar.

Sien ook

Bronne

Tags:

AuobrivierHardapMarientalNamibiëSeespieël

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NiersteenDigvormGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaResensieHadedaKultuurDramaHaasGeldeenheidWerkersdagBreinkaartRob HersovVarkgriepPiesangAfrikaanse taalleerTweede WêreldoorlogAborsieE-posJakkalsHoofletterKoppeltekenXenofobieStaalHipoteseLiewe HeksieSkaapAntisemitismeEthiopiëMusieksimboleWiskundige terminologieSeksuele opwekkingSkarlakenkoorsAngolaHerpes simplexHondPersentasieOrthopteraJavaScriptKrieketAlkoholismeSinoniemVakbondSiekteSelfoonNedersettingPrimêre sektor van die ekonomieWater (molekuul)Handelsmerk16 NovemberStikstofJodeRenosterSuikersiekteProvinsies van Suid-AfrikaVioolKunsmatige algemene intelligensieBeesvleisRymKookpuntMuishondGriekwa-AfrikaansGasNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaMusiekIsraelImpakte van toerismeBeeldspraakRobert SobukweVarkGoudkus (streek)AardedagSekondêre sektor van die ekonomieWilna SnymanIngrid Jonker🡆 More