Sissel Kyrkjebø (IFA: (Engelse uitspraak), (Noorse uitspraak); * 24 Junie 1969 in Bergen, Noorweë), ook bekend as bloot Sissel, is 'n Noorse sopraan.
Sissel Kyrkjebø | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Ook bekend as | Sissel |
Gebore | 24 Julie 1969 |
Oorsprong | Bergen, Noorweë |
Genres | Pop, folk, klassiek, popopera |
Beroep(e) | Sangeres |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1986 — hede |
Etikette | Denon, Universal |
Webwerf | www.sissel.net |
Sy is die bekendste vir die sang van die Olimpiese Gesang (Hymne Olympique) tydens die Opening- en Afsluitingseremonies vir die Olimpiese Winterspele 1994 in Lillehammer, Noorweë, vir duette met Plácido Domingo, Charles Aznavour, José Carreras, Neil Sedaka, Warren G, Dee Dee Bridgewater, Josh Groban, Diana Krall, Russell Watson en The Chieftains, en vir haar deelname aan die Titanic-rolprentklankbaan.
Kyrkjebø het haar eerste Amerikaanse Grammy-nominasie op 6 Desember 2007 ontvang vir 'n samewerking met die Mormon Tabernacle Choir. Spirit of the Season (Afrikaans: Gees van die seisoen), 'n versameling liedere van die koor se Kerskonsert in 2006 saam met Noorse opneemkunstenaar Kyrkjebø en die Orchestra at Temple Square, is vir die Best Classical Crossover Album of the Year-toekenning genomineer, asook vir Best Engineered Classical Album.
Kyrkjebø word as een van die wêreld se voorste crossover-soprane geag. Haar musikale styl strek die omvang van popopnames en volksliedjies, tot klassieke stem en opera-arias. Sy besit 'n kristalstem en wye stembereik en swengel af van mezzosopraannote, in arias soos "Mon cœur s'ouvre à ta voix" van Camille Saint-Saëns se opera Samson et Dalila, tot die F herstellingsteken bo sopraan C. Sy sing hoofsaaklik in Engels en Noors, maar het ook liedere in Sweeds, Deens, Gaelies, Italiaans, Frans, Russies, Yslands, Faroëes, Duits, Māori, Japannees en Latyn gesing.
Kyrkjebø se gekombineerde soloalbumverkope (nie insluitend van klankbane en ander albums waartoe sy bygedra het nie) tel 10 miljoen, die meeste waarvan in Noorweë — 'n land met 'n bevolking van 4,7 miljoen mense. 'n Aansienlike aantal albums is egter ook in Swede en Denemarke verkoop. Met haar bydraes tot die Titanic-klankbaan, Christmas in Vienna en ander samewerkings, tel haar albumverkope by die 35 miljoen items.
'n Roos wat deur Poulsen Roser geteel is, is na Kyrkjebø vernoem en sy het die roos op 4 Augustus 2009 in Baronie Rosendal gedoop.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Sissel Kyrkjebø, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.