Reese Witherspoon

Laura Jeanne Reese Witherspoon (gebore op 22 Maart 1976) is ’n Amerikaanse aktrise en rolprentvervaardiger.

Reese Witherspoon
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Witherspoon in 2014 by die Toronto-rolprentfees.

Geboortenaam Laura Jeanne Reese Witherspoon
Geboorte 22 Maart 1976 (1976-03-22) (48 jaar oud)
New Orleans, Louisiana, Verenigde State
Nasionaliteit Amerikaanse
Beroep(e) Aktrise
Aktiewe jare 1991-tans

Loopbaan

Sy het haar loopbaan in 1991 as ’n kinderaktrise in The Man in the Moon begin. In 1996 het sy in die onafhanklike swart komedie Freeway verskyn en in 1998 in Pleasantville. In 2000 is sy vir ’n Golden Globe benoem vir haar spel in Election.

Witherspoon se deurbraakrol was in 2001 as Elle Woods in Legally Blonde, en in 2002 was sy in die romantiese komedie Sweet Home Alabama. In 2005 het sy wêreldwyd aandag getrek in die rol van June Carter Cash in Walk the Line, waarvoor sy die Oscar, Golden Globe, Bafta, Screen Actors Guild Award en die Broadcast Film Critics Association Award vir beste aktrise gewen het. Haar ander prente sluit in Legally Blonde 2: Red, White & Blonde (2003), Monsters vs. Aliens (2009) en Water for Elephants (2011).

In 2014 was sy die vervaardiger van die riller Gone Girl en in die rol van Cheryl Strayed in Wild, waarvoor sy vir ’n tweede Oscar benoem is. Witherspoon het in 2010 ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry.

Verwysings

Tags:

197622 MaartAktriseAmerikaRolprent

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MensSoortnaamNoag se arkSuikersiekteWêreld- Ekonomiese ForumEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaVarkAspoestertjieHaaieDrinkwatervoorsieningPapierOrale seksDigvormAgtergrond (narratief)ZimbabweHoofpynJo BlackAkuutVoortrekkersJacques LootsMiltGroepsdrukDistrik SesWatersuiweringImpakte van toerismeSelOmtrek, oppervlakte en volumeKewerDieremishandelingGrondsoorteAvbobThys die BosveldklongBosvarkXenofobie in Suid-AfrikaMagnesiumRuslandOlimpiese Somerspele 2024SuikerKriekOlimpiese SpeleNatuurlike hulpbronLuiperdLys van kinderspeletjiesNatuurrampOnderhoudSlag van Cuito CuanavaleSuiwelprodukIntensiewe vormTransatlantiese slawehandelEngelsMaanstilstandAkademiaKoolstofReg tot ‘n gesonde omgewing163RMS TitanicGeslagsgelykheidVergelykings (taalkunde)WerkwoordSonnestelselTrekarbeidSaartjie BaartmanKunsmatige algemene intelligensieLugbesoedelingVoortrekkermonumentSuurreënGriepSpringbokLeestekenCleopatra VIIAnale kankerSwangerskapVerenigde KoninkrykApartheidVoegwoordKoorsLys van Suid-Afrikaanse kunstenaars🡆 More