Psoriatiese Artritis: Sindroom wat voorkom by mense met psoriase wat ook simptome ervaar soortgelyk aan artritis

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.

Psoriatiese artritis is 'n langtermyn inflammatoriese artritis wat by mense wat dikwels ook die outo-immuun siekte psoriase het voorkom.

Psoriatiese Artritis: Simptome, Oorsake, Epidemiologie
Erge psoriatiese artritis van beide voete en enkels. Let op die veranderinge aan die naels.

Simptome

Die klassieke kenmerk van psoriatiese artritis is swelling van die hele vingers en tone met 'n worsagtige voorkoms. Dit gebeur dikwels in verband met veranderinge aan die naels soos klein gaatjies in die oppervlak van die naels, verdikking van die naels en die nael wat van die naelbed ontkoppel. Gewoonlik word velveranderinge wat ooreenstem met psoriase (bv. rooi, skubberige en jeukerige vel) gevind voor die aanvang van psoriatiese artritis, maar psoriatiese artritis kan die uitslag voorafgaan by 15% van geaffekteerde individue. Geaffekteerde gewrigte is oor die algemeen rooi of warm om aan te raak.

Pyn kan in die laerug area van die heiligbeen voorkom as gevolg van onder meer spondilitis, wat in 40% van die gevalle teenwoordig is. Pyn kan in en om die voete en enkels voorkom, veral entesitis in die Achillespees of plantar fasciitis in die voetsool.

Oorsake

Genetika is vermoedelik by die ontwikkeling van psoriatiese artritis sterk betrokke. Daar word vermoed dat obesiteit en sekere vorme van psoriase die risiko daarvan verhoog.

Epidemiologie

Psoriatiese artritis raak tot 30% van mense met psoriase en kom by beide kinders en volwassenes voor. Ongeveer 40-50% van individue met psoriatiese artritis het die HLA-B27 genotipe. Die toestand is minder algemeen by mense van Asiatiese of Afrika-afkoms en raak mans en vroue ewe veel.

Kyk ook

Aantekeninge

Verwysings

Tags:

Psoriatiese Artritis SimptomePsoriatiese Artritis OorsakePsoriatiese Artritis EpidemiologiePsoriatiese Artritis Kyk ookPsoriatiese Artritis AantekeningePsoriatiese Artritis VerwysingsPsoriatiese Artritis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AnilingusXHTMLHomoniemHemelvaartKoos BekkerLongontstekingBruin menseGeestesteuringKriekKweekhuisgasMierLewerVerantwoordelikheidMonopoliePuberteitNaaldekokerC.J. LangenhovenGeelslangSwawelMiddeloorontstekingKopieregCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaGasTelwoordKunsmatige intelligensieDurbanOorkruipersVratVerkleinwoordBolandse aardbewing van 1969ElektrisiteitKamoefleringSuid-Afrikaanse randPampoentjiesNetbalVerkoueLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaCorioliskragKunsmatige algemene intelligensiePaasfeesLys van elemente volgens simboolVaste stofMonopolyGeografie van Suid-AfrikaYsterBloeddrukDesimale breukeJohn Brown (aktivis)SimboolNiersteenTropiese sikloonMenslike seksuele gedragMusiekSlimfoonKolitisNatuurbewaringBelastingPirow BekkerMandalaEendbekdierKaapstadse waterkrisis 2015-2018SeksposisieNelson MandelaWapen van Suid-AfrikaHomofoonKrampSnaarinstrumentWoordsoortLabia (geslagsdele)IslamLys van Kaapstad se voorstedeBuffelAarverkalkingOorstromingLandbouPubliekLong🡆 More