Portsmouth

Portsmouth (uitgespreek /ˈpɔːtsməθ/) is die tweede grootste stad (naas Southampton) in die seremoniële graafskap Hampshire aan die suidkus van Engeland.

Soos Southampton, is Portmouth om administratiewe doeleindes 'n unitêre gesag (unitary authority). Portsmouth is uniek weens die feit dat dit die Verenigde Koninkryk se enigste eilandstad is, dit is hoofsaaklik op Portsea-eiland geleë. Dit lê 103 km (64 myl) suidwes van Londen en 31 km (19 myl) suidoos van Southampton.

Portsmouth
Stad
Uitsig oor die stad
Uitsig oor die stad
Vlag van Portsmouth
Vlag
Byname: 
Pompey
Leuse(s): 
Heaven's Light Our Guide
Portsmouth is in Engeland
Portsmouth
Portsmouth
Koördinate: 1°5′00″W / 50.81667°N 1.08333°W / 50.81667; -1.08333
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
LandVlag van Engeland Engeland
GraafskapHampshire
Oppervlak
 • Stad40,25 km2 (15,54 vk. myl)
Hoogte
12 m (39 ft)
Bevolking
 • Stad206,836
 • Digtheid5 139/km2 (13 310/vk. myl)
 • Stedelik
855,569
 • Metro
1,547,000
TydsoneUTC+00:00 (MGT)
 • SomertydUTC+01:00 (BST)
Skakelkodes023
Webwerfwww.portsmouth.gov.uk

Bevolkingsdigtheid

Die Stad van Portsmouth het 'n bevolking van 209 166 en is die enigste stad in Engeland met 'n groter bevolkingsdigtheid (5 145/ km2) as Londen (4 984/km2). Portsmouth vorm deel van die Suid-Hampshire beboude gebied, wat Southampton, Havant, Eastleigh, Fareham en Gosport insluit; dit is die 6de grootste stedelike gebied in Engeland en die grootste in Hampshire, met 'n geskatte 860,000 inwoners volgens die 2011-sensus. Hierdie gebied vorm die middelpunt van een van die Verenigde Koninkryk se digbevolkste stedelike gebiede met 'n bevolking van meer as 'n miljoen.

Vloothawe

Portsmouth is reeds vir eeue lank 'n belangrike vloothawe en beskik oor die wêreld se oudste droogdok wat steeds in gebruik is. Dit was die tuishawe van 'n paar bekende outydse skepe, insluitend die HMS Warrior, die Tudorkarrak Mary Rose en Lord Nelson se vlagskip, HMS Victory. Hoewel die vlootbasis nou kleiner is as in sy fleur, is dit steeds 'n groot skeepswerf en basis vir die Britse Vloot en huisves die Royal Marine-kommando se hoofkantoor. Dit dien ook as 'n vooruitstrewende kommersiële skeeps- en veerboothawe vir bestemmings op die vasteland se vrag- en passasiersverkeer.

Verwysings

Tags:

EngelandHampshireLondenSouthampton

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MielieIronieGriepBesnydenisCalviniaMilitêre diensplig in Suid-AfrikaSpysverteringstelselVleilandDistrik SesMoedersdagRenteAmhariesSeksposisie23 AprilGrondsoorteSuid-Afrikaanse InkomstediensTurkyeGrootste rampe in Suid-AfrikaJapie GreylingWikimedia-stigtingSeksueel oordraagbare infeksieSkaakKaapstadse waterkrisis 2015-2018Black SashChromatografieVigsJoodse kalenderMantisSkoolLeeuDoelwitSokkerKoperBladwisselendSuid-Afrikaanse randLys van chemiese elemente volgens atoomgetalSelfoonKasteel die Goeie HoopMetaalDrakensbergeXhosaLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameGroepsdrukBeaufortskaalVierde Industriële RevolusieDigvormBysteekWeer (meteorologie)Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeKerngeneeskundeOm-te-infinitiefkonstruksieArendLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaMenslike skeletPlantSeksismeGeldWoestynEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse musikanteMangelontstekingVars waterBronadresPlaattektoniekHoofkarakterLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsWinnie Madikizela-MandelaCarike KeuzenkampSean CombsSteenkoolHemelvaartsdagPad na jou hartSkilpadLys van Afrikaanse skrywersTafelsoutPinksterHomofoon🡆 More