Pomare Iv

Pomare IV of Pōmare IV (28 Februarie 1813 – 17 September 1877; volle naam ʻAimata Pōmare IV Vahine-o-Punuateraʻitua) was van 1827 tot 1877 die vierde monarg van die Koninkryk Tahiti.

Sy was ook bekend as ʻAimata – "oog-eter", na aanleiding van die destydse gebruik dat die heerser die oog van ’n verslane vyand geëet het.

Pomare IV
Koningin
Pomare Iv
Koningin Pomare IV (Charles Giraud, Musée du quai Branly).
Dinastie Pomare
Bewind 11 Januarie 1827 – 17 September 1877
Volle naam ʻAimata Pōmare IV Vahine-o-Punuateraʻitua
Gebore (1813-02-28)28 Februarie 1813
Pare, Tahiti
Gesterf 17 September 1877 (op 64)
Koninklike paleis, Papeete, Tahiti
Voorganger Pomare III
Opvolger Pomare V
Gade van Tapoa II
Ariʻifaʻaite
Kinders O.a. Ariʻiaue
Pomare V
Teriʻimaevarua II
Tamatoa V
Punuariʻi Teriʻitapunui
Teriʻitua Tuavira
Vader Pomare II
Moeder Teriʻitoʻoterai Tere-moe-moe

Lewe

Pomare IV was die dogter van Pomare II en sy tweede vrou, Teriʻitoʻoterai Tere-moe-moe. Sy het haar broer, Pomare III, ná sy dood opgevolg toe sy net 14 jaar oud was.

In 1843 het Frankryk Tahiti ’n protektoraat gemaak en ’n goewerneur in Papeete aangestel. Pomare het vergeefs teen Franse inmenging geveg en Engeland se beskerming gevra, en haarself toe na Raiatea verban uit protes. Daarna het die bloedige Frans-Tahitiaanse Oorlog (1843 tot 1847) gevolg, wat elke koninkryk van die Geselskapseilande geraak het. Dit het geëindig toe die Tahitiaanse magte by die Fort van Fautaua verslaan is. Die Franse het nie die eiland geannekseer nie weens diplomatieke druk van Engeland en Tahiti en Moorea het ’n onafhanklike protektoraat gebly.

Pomare IV het eindelik uit bannelingskap teruggekeer en tot met haar dood onder Franse administrasie regeer. Sy is in 1877 oorlede en is opgevolg deur haar seun, Pomare V, wat van 1877 tot 1880 regeer het.

Kinders

In Desember 1822 het Pomare met die toekomstige koning Tapoa II van Tahaa en Bora Bora getrou. Hulle het nie kinders gehad nie en sy het die huwelik gerepudieer op grond daarvan dat hy steriel was.

Sy is op 5 Desember 1832 met haar neef, Tenaniʻa Ariʻifaʻaite a Hiro, getroud. By hom het sy 10 kinders gehad, onder andere Pomare V.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Pomare Iv LewePomare Iv VerwysingsPomare Iv BronnePomare Iv Eksterne skakelsPomare Iv17 September1813187728 FebruarieKoninkryk Tahiti

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Erektiele disfunksieSkilpadTropiese sikloonSiembambaSlag van BloedrivierPampoentjiesEvolusieTuvaluTweede WêreldoorlogVoorhuid2024 Japannese Grand PrixPous Pius XBahamasVrymesselaryPenisverlengingEpilepsieWes-GhatsMin ShawGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaInternational Standard Name IdentifierKommunistiese Party van die SowjetunieSuid-Afrikaanse PolisiediensKruisigingSuid-AfrikaWorldCatOrthopteraSoewereine Militêre Orde van MaltaMachu PicchuBrjansk-oblastW.A. Hofmeyr-prysNagmaalMenseregtedagSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Port SaidAbrahamitiese geloweAirbus A340Wynand du ToitFrederik Willem de KlerkOu Apostoliese KerkFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014MuisvoëlGriekelandAfrikaanse gesegdes uit die MiddeleeueWiskundeDansGesinsdagWladimir PoetinOntwerpMiddeloorontstekingMosselbaaiMillennium-stadionKunsmisPinksterGewone janfrederikWikimedia-stigtingIdioomSlotmasjienLily CarterJavaScriptCarike KeuzenkampRicus NelAkupunktuurBelastingLangste woordLianie MayAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeKadmiumInnes en Franna BenadéPousWit-DonderdagArtemisJennifer ZamudioReënspinnekopKrieketMinervaLys van Afrikaanse televisiereekse🡆 More