Perindopril: Chemiese verbinding

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Perindopril
Perindopril se chemiese struktuur
Algemeen
Chemiese formule C19H32N2O5
Molêre massa 368.468 g/mol
Voorkoms wit, kristallyn
CAS-nommer 82834-16-0
Farmakokinetika
Biobeskikbaarheid 24%
Proteïengebonde 20%
Metabolisme/uitskeiding Niere
Eliminasie-halfleeftyd 1–17 uur vir
perindoprilaat
(aktiewe metaboliet)
Perindopril: Farmakologiese werking, Vorm en samestelling, Aanwysings
Voorbeelde van perindopril tersiêre butielamin verpaking.

Farmakologiese werking

Perindopril is 'n langwerkende AOE-remmer. Dit word gebruik om hoë bloeddruk, hartversaking of stabiele hartvatsiekte te behandel

Vorm en samestelling

Volgens data deur die vervaardiger aan die Australiese Departement van Gesondheid en Veroudering verskaf, is perindopril arginien (handelsnaam Coversyl) en perindopril erbumien (handelsnaam Aceon) terapeuties ekwivalent aan mekaar en mag hulle uitgeruil word sonder enige merkbare verskil in kliniese effek. Die voorgeskrewe dosis sal egter verskil omrede die molekulêre massa verskil vir die twee vorme (soute). In Suid-Afrika word perindopril erbumien gewoonlik as "perindopril tersiêre butielamin" verkoop onder die handelsname Ran-Perindopril en Circator onder andere.

Aanwysings

  • Essensiële hipertensie.
  • Stabiele hartvatsiekte: afname in hartaanvalle in pasiënte met 'n geskiedenis van miokardiale infarksie.
  • Behandeling van simptomatiese hartsiekte of hartversaking.

Dosis en toediening

Perindopril, as behandeling vir hipertensie, se aanvangsdosis is 5 mg perindopril arginien (of 4 mg perindopril erbumien) eenkeer per dag. Na 'n maand se behandeling, kan die dosis vermeerder word tot 10 mg perindopril arginien (of 8 mg perindopril erbumien) om bloeddruk beter te beheer in geval van gelyktydige stabiele hartvatsiekte.

'n Proefneming, die Anglo-Scandinavian Cardiac Outcomes Trial (ASCOT), het die voordele daarvan bewys om twee middels, perindopril en amlodipien ('n kalsiumkanaalblokker), saam te neem. 9000 Britse proefpasiënte tussen 40 en 79 oud is in 'n vyfjaarlange proefneming betrek. Die nuwe geneesmiddelkombinasie is aan die helfte van hulle toegedien, en die res het tradisionele geneesmiddels ontvang. Daar is toe bevind dat Coversyl en amlodipien so effektief is, dat die proefneming vroegtydig gestaak is sodat die ander helfte ook die nuwe kombinasie kon ontvang.

Vir stabiele hartvatsiekte

'n Aanvangsdosis van 4 mg vir twee weke word aanbeveel, daarna opwaartse titrasie tot 8 mg eenkeer per dag, afhangend van die aanvaarding daarvan.

Kongestiewe hartversaking

Behandeling hiervoor met perindopril behoort onder streng mediese toesig ingestel te word teen 'n aanvangsdosis van 2 mg daagliks. Hierna mag dit verhoog word tot 4 mg sodra die bloeddruk gestabiliseer het.

Bejaarde pasiënte behoort aanvanklik 2 mg daagliks te neem.

Teenaanwysings

  • Kinders
  • Swangerskap en borsvoeding
  • Geskiedenis van hipersensitiwiteit teenoor perindopril
  • Nierversaking

Voorsorgmaatreëls

  • Nierfunksie behoort voor en tydens behandeling bepaal en beoordeel te word.
  • Renovaskulêre hipertensie.
  • Sjirurgie/narkose.

Newe-effekte

Ongewoon en lig, gewoonlik aan die begin van behandeling:

  • hoes
  • moegheid
  • hoofpyn
  • slaap- en gemoedsteurnisse

Minder gereeld:

  • smaakverlies
  • maagongemak
  • naarheid
  • abdominale pyn
  • uitslag

Samestelling

Elke tablet bevat 2 mg, 4 mg of 8 mg van die tert-butylamiensout van perindopril.

Perindopril is ook beskikbaar as Coversyl Plus, bevattende 5 mg perindopril arginien gekombineer met 1.25 mg indapamied.

Aanbieding

Lugdig-verseelde pakkies van 30 gekeepte tablette Coversyl (perindopril) 4 mg. Houers van 30 tablette Coversyl (perindopril) 10 mg.

Ook wêreldwyd beskikbaar onder die volgende handelsname:

  • Aceon
  • Acertil
  • Actiprex
  • Armix
  • Coverene
  • Coverex
  • Coversum
  • Prestarium
  • Prexanil
  • Prexum
  • Procaptan
  • Provinace
  • Covinace
  • Pericard
  • Perinda
  • Spec-Perindopril

Verwysings

  • Bounhoure JP, Bottineau G, Lechat P, et al.. "Value of perindopril in the treatment of chronic congestive heart failure: multicentre double-blind placebo-controlled study." Clin Exp Hypertens. 1989;A11(suppl 2):575-586.
  • Lechat P, Granham SP, Desche P, et al.. "Efficacy and acceptability of perindopril in mild-to-moderate chronic congestive heart failure." Am Heart J. 1993;126:798-806.
  • Morgan T and Anderson A; "Clinical efficacy of perindopril in hypertension." Clin Exp Pharmacol Physiol. 1992;19:61-65.
  • Myers MG; (on behalf of the perindopril multicentre dose-response study group) "A dose-response study of perindopril in hypertension: effects on blood pressure 6 and 24h after dosing." Can J Cardiol. 1996;12:1191-1196.
  • "The European trial On reduction of cardiac events with Perindopril in stable coronary Artery disease Investigators. Efficacy of perindopril in reduction of cardiovascular events among patients with stable coronary artery disease: randomized, double-blind, placebo controlled, multicentre trial (the EUROPA study)." The Lancet 2003;362:782-788.

Eksterne skakels

Tags:

Perindopril Farmakologiese werkingPerindopril Vorm en samestellingPerindopril AanwysingsPerindopril Dosis en toedieningPerindopril TeenaanwysingsPerindopril VoorsorgmaatreëlsPerindopril Newe-effektePerindopril SamestellingPerindopril AanbiedingPerindopril VerwysingsPerindopril Eksterne skakelsPerindopril

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Woordeboek van die Afrikaanse TaalKindermishandelingHannes van WykNaeltjieKlem-in-die-kaakYouTubeSlawernyKroonstadAnale kankerOrlando, FloridaGeskiedenis van AfrikaansSmall HandsJode in Suid-AfrikaRandall WicombMenstruasieToepassingsagtewarePaulus van TarsusPaasfeesPlae van EgipteRob HersovCarles PuigdemontLys van Afrikaanse rolprenteMiddelmisbruikBloedgroepAvbobJoodse kalenderEkotoerismeJeugdagSeksueel oordraagbare infeksieGroepsgebiedewetRivierAlbert EinsteinDie Stem van Suid-AfrikaKasteel die Goeie HoopGroot Sfinks van GizaWilna SnymanVersamelnaamIhramAardbewingAtleetvoetAnale seksHondsdolheidNarkoseAl-Masdjid an-NabawiJagluiperdPoleAnilingusWet op NaturellengrondGewone tarentaalGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaOlimpiese SpeleLys van elemente volgens simboolProstaatkankerMeningsverskil oor aardverwarmingNederduitsch Hervormde KerkDemokrasieXHTMLErosietipesSiekteMiltInflasieHomofoonMoedersdagNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyWikiquoteRooiwaterStedelike hitte-eilandHoofkarakterApartheidLabia (geslagsdele)Motorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaLys van slangeResensieDokterGordelroosHoofpyn🡆 More