Amlodipien

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Amlodipien
Amlodipien se chemiese struktuur
Amlodipien
Algemeen
Chemiese formule C20H25Cl N2O5
Molêre massa 408.879 g/mol
CAS-registernommer 88150-42-9
Farmakokinetika
Roete van toediening Oraal (tablette)
Biobeskikbaarheid 64 tot 90%
Metabolisme Lewer
Uitskeiding Niere
Eliminasie-halfleeftyd 30–50 uur

Amlodipien (as besilaat, mesilaat of maleaat) is 'n geneesmiddel wat gebruik word om hoë bloeddruk, hartversaking en angina (borskaspyn) mee te behandel. Amlodipien is op die Wêreldgesondheidsorganisasie se modellys van noodsaaklike medisyne wat nodig geag word om die minimum mediese behoeftes van 'n basiese gesondheidsorgstelsel te ondersteun.

Farmakologiese werking

Amlodipien is 'n langwerkende kalsiumkanaalblokker (dihidropiridienklas). Net soos ander middels in hierdie klas, werk amlodipien deur die spiertjies in die bloedvate te ontspan, waardeur die bloeddruk dan daal. By angina bevorder die middel bloedvloei na die hartspier om te voldoen aan sy suurstofbehoefte en dus die pyn te verminder.

Aanwysings

  • Essensiële hipertensie.
  • Stabiele hartvatsiekte: afname in hartaanvalle in pasiënte met 'n geskiedenis van miokardiale infarksie.
  • Behandeling van simptomatiese hartsiekte of kongestiewe hartversaking. Behandeling hiervoor met amlodipien behoort onder streng mediese toesig ingestel te word teen 'n aanvangsdosis van 5 mg daagliks.

Dosis en toediening

Amlodipien, as behandeling vir hipertensie, se aanvangsdosis is 5 mg daagliks per mond.

Teenaanwysings

Absoluut

  • Geskiedenis van hipersensitiwiteit teenoor amlodipien

Relatief

  • Kardiogeniese skok
  • Onstabiele angina
  • Hipotensie: bloeddruk laer as 90/60 mmHg
  • Aortiese stenose
  • Swangerskap en borsvoeding

Samestelling

Elke tablet bevat 5 mg of 10 mg amlodipien

Aanbieding

Amlodipien word deur Pfizer as Norvasc ® verkoop in Noord-Amerika, Australië, Suid-Afrika en sommige Europese lande. Sedert die patent in 2007 verval het, is dit ook wêreldwyd as 'n generiese middel beskikbaar.

Verpakkings bevat gewoonlik strokies met 30 gekeepte 5 mg of 10 mg amlodipientablette.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Amlodipien Farmakologiese werkingAmlodipien AanwysingsAmlodipien Dosis en toedieningAmlodipien TeenaanwysingsAmlodipien SamestellingAmlodipien AanbiedingAmlodipien VerwysingsAmlodipien Eksterne skakelsAmlodipien

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HerfsKlierKoninkryk (biologie)2024Optel en aftrekGeografiese inligtingstelselSprokieGoudstandaardOman AirBloeddrukHidroëlektrisiteitDulcie van den BerghKompasSuid-Afrikaanse PolisiediensAardrykskundeNatuurbewaringBakterieWêrelderfenisgebiedPoesWapen van NamibiëDemokrasieOnderwys in Suid-AfrikaIrma SternKorrupsieSinoniemWildehondVoornaamwoordMantisLys van hoofstedeSeeKrokodilSebraLewerOmanAfrikaanse taalleerFacebookGereedskapKrapOngewerweldesUilBorsBoontjieNormeMiljardDikdermInkomstebelastingBasisinkomsteEienaamMangelontstekingJudaïsmeLika BerningWaterbesoedelingLys van chemiese elemente volgens atoomgetalGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMuscat Internasionale LughaweGesonde dieetGeskiedenis van die BoererepubliekeKatNAVOMiddeloorontstekingKoue OorlogProteaBeurtkragSuid-Afrikaanse LugdiensHoutGrondbeginsels van die Afrikaanse spellingMoesonAfkortingRoosWaardeRasionale getalCarles PuigdemontDoopPeach van PletzenKoolhidraatWiskundige terminologie🡆 More