Oenzerduits (Unserdeutsch) is die enigste kreool in die wêreld wat op die Duitse taal gebaseer is.
Dit is 'n bedreigde minderheidstaal wat deur ongeveer 100 bejaardes gepraat word. Almal van hulle is van Papoea-Nieu-Guinee, maar die meeste woon tans in Australië.
Oenzerduits Unserdeutsch | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Papoea-Nieu-Guinee | |
Gebied: | Oseanië | |
Totale sprekers: | ~100 | |
Taalfamilie: | Kreools Duits Oenzerduits | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | uln | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Terwyl die meeste kreooltale ontwikkel as handelstale of kontaktale wat tussen die koloniseerders en die inheemse bevolkings gebruik word, het Oenzerduits 'n taamlik unieke geskiedenis. Dit het onder die leerlinge van 'n Duitstalige Katolieke sendingskool ontstaan en word deur hulle as 'n gemeenskapstaal gepraat. Die Oenzerduitse grammatika toon die invloed van Duits, Tok Pisin, Engels en die plaaslike Oseaniese tale.
Jetz i wit ni leben in New Guinea. | Nou sou ek nie in Nieu-Guinee woon nie. |
Sie is am lahen. | Sy is besig om te lag. |
De chicken war gestohlen bei alle raskol. | Die hoender is deur die diewe gesteel. |
I ni essen rote fleisch. | Ek eet nie rooivleis nie. |
I bis eine grosse medhen. | Ek is 'n groot meisie. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Oenzerduits, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.