Oemra: Wiki lysartikel

Die oemra (Arabies: عمرة) is ’n bedevaart na Mekka in Saoedi-Arabië wat Moslems enige tyd van die jaar kan onderneem, in teenstelling met die hadj wat een keer per jaar op ’n spesifieke tyd plaasvind.

Oemra beteken in Arabies "om ’n bewoonde plek te besoek". In die Sjaria, die godsdienswette van Islam, beteken oemra om die tawaf om die Kaäba en die saj tussen die heuwels Safa en Marwa te voltooi nadat ’n heilige staat, bekend as die ihram, bereik is.

Oemra: Rituele, Verwysings, Bronne
Pelgrims loop tydens die hadj om die Kaäba in Mekka.

Dit word soms ’n "mindere pelgrimstog" genoem omdat die hadj die "belangrike" bedevaart is wat verpligtend is vir alle Moslems wat fisiek en finansieel daatoe in staat is. Die oemra is nie verpligtend nie, maar word sterk aanbeveel.

Rituele

Van die rituele van die oemra sluit in:

  • Die tawaf, ’n omsirkeling van die Kaäba – sewe keer antikloksgewys. Mans word aanbeveel om die eerste drie keer vinnig om te stap en daarna stadiger.
  • Die saj, ’n vinnige staptog tussen die heuwels Safa en Marwa – ook sewe keer. Dit is ter herinnering aan Abraham se vrou Hagar wat tussen die heuwels gehardloop het op soek na water vir haar en haar seun Ismael. Nadat Ismael met sy knie (of in sommige weergawes die aartsengel Gabriël met sy vlerk) aan die grond geraak het, het ’n fontein op die plek ontspring. Dit word vandag die Zamzam-put genoem.
  • Die afskeer van ’n man se hare; vroue sny die punte van hul hare af. Dit dui op die oorgawe van die wil aan God bo die verheerliking van die fisieke voorkoms. Dit word aan die einde van die oemra gedoen.

Met dié rituele is die oemra voltooi en Moslems kan dan kies of hulle die ihram wil verlaat. Hoewel dit nie deel van die rituele is nie, drink die meeste pelgrims water uit die Zamzam-put.

Verdere rituele is deel van die hadj, wat oor vyf dae plaasvind tydens die laaste maand van die Islamitiese kalender.

Verwysings

  • The Hajj According to the Five Schools of Islamic Fiqh (Deel 1), deur 'Allamah Muhammad Jawad Mughniyyah (uit Arabies in Engels vertaal deur Ali Quri Qara'i), al-Tawhid, Vol. II, No. 4.

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Oemra RitueleOemra VerwysingsOemra BronneOemra Eksterne skakelsOemraArabiesHadjIhramIslamKaäbaMekkaMoslemSafa en MarwaSajSaoedi-ArabiëSjariaTawaf

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KolonoskopieSewe doodsondesAfrikaanse TaalmonumentMenseregtedagDiarreeNazi-DuitslandAartappelOutismeSeksuele oriëntasieErfenisVleilandVerstedelikingDuitse maselsAnrich HerbstElandréBeëdigde verklaringBlourokkeTropiese sikloonGesondheidAvbobSamestellende afleidingGoogle MapsSeksuele opwekkingBernice WestNuwe TestamentAntoniemRuhan du ToitSowjetunieChris BlignautKankerbossieNiemetaalSterNasionale lied van Suid-AfrikaLys van Suider-Afrikaanse soogdiereAlfabetFinale OplossingPortugalSteenkoolDie GelofteDulcie van den BerghSeekatNaboomWerwelkolomKinderregteFaktuurElon MuskBasisinkomsteYstervarkNul is nie niks nieChatGPTProvinsies van Suid-AfrikaVierkantswortelApple II-reeksGalileo GalileiSuid-AfrikaSwahiliNelson MandelaLuiperdSaartjie BaartmanAfkappingstekenKroonstadGeografie van Suid-AfrikaIslamitiese seksualiteitswetteJesus van NasaretBloedgroepConsolidated B-24 LiberatorZambiëOorAdolf HitlerSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994🡆 More