Voël Neutkraker

Die neutkrakers (Nucifraga) is ’n genus van drie spesies sangvoëls in die familie Corvidae wat verwant is aan die gaaie en kraaie.

Die genusnaam is ’n Nieu-Latynse vertaling van die Duitse Nussbrecher, "neutbreker".

Neutkraker
Voël Neutkraker
Nucifraga columbiana.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Nucifraga

(Brisson, 1760)
Spesies

Gevlekte neutkraker
(Nucifraga caryocatactes)
Grysneutkraker
(Nucifraga columbiana)
Kasjmierneutkraker
(Nucifraga multipunctata)

Beskrywing

Die belangrikste voedselbronne van die neutkrakers is die saad van verskeie dennebome, veral dié in koue klimaatstreke met groot sade: P. albicaulis, P. armandii, P. cembra, P. flexilis, P. koraiensis, P. parviflora, P. peuce, P. pumila, P. sibirica en P. wallichiana, asook die bome van die subgenus Ducampopinus. In sommige streke waar geen van dié dennebome voorkom nie, vorm die saad van spardenne (Picea) en haselaars (Corylus) ’n belangrike deel van die dieet. Die voëls se snawels is spesiaal aangepas om die sade uit die dennekeëls te grawe.

Hulle eet ook verskeie insekte, soos die larwes van bye en perdebye, voëleiers en aas as dit beskikbaar is.

Die neste word gewoonlik hoog op in ’n naaldboom gebou. Twee tot vier eiers word gewoonlik gelê en hulle broei ná 18 dae uit. Nie een van die spesies migreer nie, maar hulle sal hul hougebied verlaat as daar ’n tekort aan kos is.

Bestaande spesies

Beeld Wetenskaplike naam Algemene naam Verspreiding
Voël Neutkraker  Nucifraga caryocatactes Gevlekte neutkraker Europa en Asië
Nucifraga multipunctata Kasjmierneutkraker Die Himalaja
Voël Neutkraker  Nucifraga columbiana Grysneutkraker Westelike Noord-Amerika

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Voël Neutkraker BeskrywingVoël Neutkraker Bestaande spesiesVoël Neutkraker VerwysingsVoël Neutkraker Eksterne skakelsVoël Neutkraker

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BahamasMachu PicchuSwahiliVaginale kankerSorina ErasmusIndianeInnes en Franna BenadéAViëtnamHoofpynVolkekundeCarles PuigdemontOlifantIndiëSelfstandige naamwoordGoudSokkerOusmane SembèneJavaScriptSpesiePous Celestinus IIIBosluisbytkoorsSonAnale kankerErnst van der WaltBosnië-HerzegowinaPlat AardeVlermuisGewone janfrederikBreinvliesontstekingDaggaMeervoudTheuns JordaanPornografieJoe BidenIndonesiëKaartJoaquin PhoenixVierkleurNuwe TestamentDouglas EngelbartNederlandsWêreld- Ekonomiese ForumNierSkildklierVingerseksKinkhoesWesley SneijderRigtersAtheneLys van visseVisDoziLys van ingelyfde NG gemeentesMielieOntwerpNasireërSeksuele penetrasieNapoleon I van FrankrykCas Janse van VuurenAkkedisWiki CommonsPous LinusHondsdolheidISBN (identifier)BybelKekerertjieGuineeTuberkuloseValéry Giscard d’EstaingVerslankingKongo-krisisDarwinismeKompasLemoenduif🡆 More