Nazi-Saluut

Die Romeinse saluut, Bellamy-saluut, Nazi-saluut of Olimpiese saluut is 'n saluut met 'n uitgestrekte arm en die hand na onder.

Die saluut is onder ander deur antieke Romeine, Hitler se Nazi's, en vir die Amerikaanse Getrouheidseed (Pledge of Allegiance) gebruik. Dit is ook tydens die Olimpiese spele gebruik en verskeie instansies gebruik dit steeds as groetvorm of as gebaar van vriendskap en getrouheid.

Nazi-Saluut
Standbeeld van 'n persoon wat die Olimpiese saluut uitvoer.
Nazi-Saluut
Kinders salueer die Amerikaanse vlag.

Romeinse saluut

Die Romeinse saluut (Italiaans: "Saluto Romano") is tydens die 17de of 18de eeu deur toneelspelers gebruik en is so met die Romeine geassosieer. Tydens die regering van die Italiaanse diktator Benito Mussolini word die groet afgestof en in sekere gevalle selfs as verpligtend voorgeskryf. Die saluut is vergesel met die woord "ave" (Latyns vir "gegroet").

Olimpiese saluut

Die Olimpiese saluut is 'n variasie van die Romeinse saluut. Die arm word gewoonlik hoër en effens uitwaarts na regs gelig. Hierdie groetvorm is sigbaar op die amptelike plakkate van die Spele van 1924 in Parys en die van 1936 in Berlyn.

Bellamy-saluut

Nazi-Saluut 
Skoolkinders wat die Bellamy-saluut in Mei 1942 uitvoer.

Francis Bellamy, wat die Amerikaanse Getrouheidseed opgestel het, het die Bellamy-saluut daarmee saam beskryf. Gedurende die tyd wat dit gebruik is, het dié gebaar ook as die vlag-saluut bekend gestaan. Gedurende die 1920's en 1930's begin Italiaanse fasciste en Nazi's 'n saluut met dieselfde vorm gebruik. Dit lei tot omstredenheid in die Verenigde State en die saluut word op 22 Desember 1942 deur die Kongres na die "hand-oor-hart"-saluut gewysig.

Nazi-saluut

Nazi-Saluut 
Die Nazi-saluut word deur kinders van die Hitler-jeugbeweging in Duitsland uitgevoer.

Die Nazi-saluut is as 'n groetvorm in Nazi-Duitsland gebruik. Dit word saam met die woorde "Sieg Heil!" of "Heil Hitler!" gebruik. Dit is in die 1930's deur die Nazi-party ingestel om onderdanigheid aan die party se leier, Adolf Hitler te demonstreer. Die saluut was verpligtend vir burgerlikes, maar meestal opsioneel vir militêre personeel, wat die tradisionele militêre saluut tot kort ná die mislukte aanslag op Hitler in 1944 behou het.

Sedert die Tweede Wêreldoorlog word die gebruik van die saluut as 'n kriminele oortreding in Duitsland, Oostenryk en Tsjeggië beskou. Die saluut word egter steeds deur Neo-Nazi en neo-Fascistiese bewegings gebruik.

Omstredenheid

Sommige mense ervaar die saluut (in al sy vorme) as negatief omdat hulle dit met Hitler en die wreedhede van die tyd koppel. Ander sien dit weer as 'n oordrewe reaksie wat eerder met die baie positiewe gebruike daarvan geassosieer moet word. Dit word ook soms deur politici as 'n politieke speelbal gebruik om teenstaanders, wat gewoonlik niks met Naziïsme te doen het nie, verdag te maak. Soortgelyk word dit dikwels deur joernaliste ingespan om sensasie te skep.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Nazi-Saluut Romeinse saluutNazi-Saluut Olimpiese saluutNazi-Saluut Bellamy-saluutNazi-Saluut Nazi-saluutNazi-Saluut OmstredenheidNazi-Saluut Sien ookNazi-Saluut VerwysingsNazi-SaluutOlimpiese spele

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SwartbewussynsbewegingLionel MessiOlimpiese SpeleAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeGreen PornoOnse VaderDuitse maselsKontinentGemeenskapsorganisasieVleilandKasteel die Goeie HoopJohannes MeintjesSpelerposisies in rugbyBesoedelingDroogteSout (chemiese stof)KolitisOrale seksWetenskapDeelwoordKlem-in-die-kaakCristiano RonaldoLieweheersbesieLys van kinderspeletjiesAardverwarmingByung-Chul HanBybelKarnivoorBeesGrootste rampe in Suid-AfrikaSelfmoordDundermVolhoubaarheidAluminiumAfvalbestuurBetonTelwoordAntoniemKevin RuddProteaSomerMenstruasieOlimpiese Somerspele 2024OorstromingSharpeville-slagtingVoedingStollingsgesteenteMieliestronkCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaWikiGoudWinnie Madikizela-MandelaRobert SobukweLettergreepWoestynHoedNelson MandelaVeerHeupJeugdagSuid-Afrikaanse InkomstediensMiltDubbelpuntLys van NG gemeentesSlag van Cuito CuanavalePrimêre sektor van die ekonomieKlereLidwoordPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLys van Afrikaanse televisiereekseAfrikaansPiesangKoppeltekenVulkanismeLuiperdDriedimensioneelSlimfoon🡆 More