Ng Gemeente Van Riebeeck

Die NG gemeente Van Riebeeck was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Kaapstadse voorstad Kenwyn wat in 1952 van die NG gemeente Wynberg afgestig het.

Ng Gemeente Van Riebeeck
Ds. Pieter Francois de Wet, leraar van 1961 tot 1969.

Weens die gedurige verengelsing van die suidelike voorstede van Kaapstad is die gemeente omstreeks 1995 by NG gemeente Plumstead, 'n ander dogtergemeente van Wynberg, ingelyf. Die voorlaaste leraar was ds. Thomas Lodewyk Wait van 1986 tot 1990 en daarna ds. J.F.E. Stone tot aan die einde.

In 1990 het die gemeente se lidmate tydelik tot 400 toegeneem ná 'n groot gedeelte van die ontbinde NG gemeente Die Vlakte hier ingeskakel het, maar teen 1994 het dit weer afgeneem tot 258. Die gemeente se kerkgebou was in Rockfordweg, Kenwyn, en huisves later The River International Ministeries.

Leraars

  • Willem Frederick Liebenberg, 1952 - 1956 (eerste leraar)
  • Leon Brand Viljoen, 1956 - 1961
  • Pieter Francois de Wet, 1961 - 1969
  • Rudolph Christopher Herholdt, 1969 - 7 Augustus 1976
  • Zacharias Blömerus, 1977 - 23 Januarie 1981
  • Schalk Willem Theart, 1981 - 19 Julie 1985
  • Thomas Lodewyk Wait, 25 Januarie 1986 - 1990
  • Jacobus Francois Erasmus Stone, 1990 - 1995 (sedertdien beroepbaar)

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

KaapstadNG gemeente WynbergNederduitse Gereformeerde Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BukkakeBrongitisDokterHipoteseSuid-SothoAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeLys van bekende Suid-Afrikaners1652Dissipel vir wie Jesus baie lief wasKleinblouoorglansspreeuLiewe HeksieWynand StrydomSeksuele stimulasiePornhubWarmlugballon1991Fra AngelicoMusieksimboleKlankPiesangKopieregKookkunsKarooJan van HunksVerbondsarkLys van landeThabo MbekiNetflixSmall HandsAnglo-BoereoorlogGeskiedenis van Suid-AfrikaVyfsterDirekte en Indirekte redeMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaRoodepoortGewone janfrederikRefentse MorakeRuan JoshLongBloedsomloopstelselAbdomenWes-KaapDulcie van den BerghEkologieVierkantswortelLys van kinderspeletjiesRugby AustraliaLys van Griekse mitologiese figurePersentasieSeksposisieMongoliëAbsesMierAntoniemMiddelmisbruikFrederik Willem de KlerkVaginale kankerSkaakFascismeTongaanse nasionale rugbyspanSonnestelselBiljoenTropiese en subtropiese grasveld, savanne en struikveldSuid-AfrikaFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Hannes van WykMobutu Sese SekoSewendedagadventismeLys van kleureVoornaamwoord🡆 More