Die NG gemeente Mutare (vroeër as Umtali bekend) is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Zimbabwe wat in 1917 op die dorp (sedert 1971 'n stad) met dieselfde naam gestig is.
Dit was die 63ste gemeente van die Vrystaatse Kerk, het van 1957 onder die Streeksinode van Midde-Afrika onder die Transvaalse Kerk geval en van 1963 tot vroeg in die 21ste eeu onder die Sinode van Midde-Afrika, waarna die Sinode ontbind is en tans die Ring van Midde-Afrika in die Noordelike Sinode vorm.
In 1989 het die gemeente nog 104 belydende lidmate gehad, maar teen 2008 het dit afgeneem tot 41 en teen 2012 tot 33 belydende lidmate en vier dooplidmate. In 2015 was dit onderskeidelik 35 en ses. Die gemeente word deur ds. Mattheus Johannes Daniel Beukes in kombinasie met NG gemeente Chipinge bedien.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article NG gemeente Mutare, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.