MMA (mixed martial arts in Engels, oftewel gemengde vegkuns in Afrikaans), is ’n vollekontak-vegsport wat ’n kombinasie is van onder andere boks, karate, judo, stoei en jiu-jitsu.
Vuishoue, skoppe, gooie en bindingstegnieke word toegelaat en die geveg vind regopstaande plaas sowel as lêend op die krytvloer.
Hoewel die gevegte in ’n kryt plaasvind wat omring is deur ’n heining, moet dit onderskei word van ongereguleerde hokgevegte (cage fighting) wat nie ’n erkende, georganiseerde sport is nie.
Die sport word vergelyk met die antieke sport pankration wat sedert 648 v.C. by die Olimpiese Spele beoefen is, aangesien die sport ’n kombinasie van boks en stoei is.
In moderne tye het atlete van die verskillende vegkunste soos boks, stoei en karate dikwels hul vaardigheid teen mekaar getoets in kompetisies, maar dit was met die vestiging van die UFC in 1993 in Amerika dat die georganiseerde sport gevestig is soos dit vandag beoefen word.
Sedert 2009 het die Amerikaanse organisasie in beheer van bokskommissies (The Association of Boxing Commissions, ABC) en MMA standaardreëls opgestel. Hierdie reëls word algemeen aanvaar as die wêreldstandaard deur die meeste MMA-organisasies, insluitend die 19 lande wat tot die Internasionale Federasie vir Gemengde Vegkuns (IMMAF) behoort.
’n Oorwinning kan behaal word op die volgende maniere:
Ten einde ernstige beserings te verminder, is skeidsregters gemagtig om ’n oorwinning te verklaar sodra die teenstander homself weens ’n reeks houe nie meer kan verdedig nie of as die teenstander in ’n greep vasgevang is wat tot ’n ernstige besering kan lei, byvoorbeeld ’n gebreekte arm.
Enige van die volgende aksies word gestraf:
Kapokgewig | 57–61 kg |
Veergewig | 61–66 kg |
Liggewig | 66–70 kg |
Weltergewig | 70–77 kg |
Middelgewig | 77–84 kg |
Ligswaargewig | 84–93 kg |
Swaargewig | 93–120 kg |
Superswaargewig | Meer as 120 kg |
MMA is ’n erkende nasionale amateur- en professionele sport in Suid-Afrika onder die beskerming van MASA (Martial Arts and Games Committee of South Africa), wat op sy beurt deur die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASCOC) onderskryf word.
Die belangrikste promotor sedert 2009 vir professionele MMA in Suid-Afrika is EFC Africa (Extreme Fighting Championship) met meer as 100 gekontrakteerde vegters en agt jaarlikse kampioenskappe.
Vegter | Toernooi | Datum van titelgeveg |
---|---|---|
Demarte "The Wolf" Pena Geargiveer 25 April 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 10 | 1 September 2011 |
Wentzel "The Animal" Nel Geargiveer 1 Mei 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 03 | 8 Mei 2010 |
Leo "King" Gloss Geargiveer 1 Mei 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 01 | 12 Nov 2009 |
Vegter | Toernooi | Datum |
---|---|---|
Costa Ioannou Geargiveer 25 April 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 08 | 14 April 2011 |
Wentzel Nel Geargiveer 1 Mei 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 03 | 8 Mei 2010 |
Vegter | Toernooi | Datum |
---|---|---|
Michiel Opperman Geargiveer 25 April 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 16 | 19 Oktober 2012 |
Jadyson Costa Geargiveer 30 Maart 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 13 | 13 April 2012 |
Dallas Jakobi Geargiveer 1 Mei 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 10 | 1 September 2011 |
Adam Speechly Geargiveer 1 Mei 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 08 | 14 April 2011 |
Vegter | Toernooi | Datum |
---|---|---|
Jeremy Smith Geargiveer 25 April 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 12 | 2 Maart 2012 |
Garreth "Soldier Boy" McLellan Geargiveer 1 Mei 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 08 | 14 April 2011 |
Wiki Commons bevat media in verband met Mixed martial arts. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article MMA, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.