Rigting Links En Regs

Links en regs is gewoonlik 'n aanduiding van rigting.

Rigting Links En Regs

Inleiding

Die betekenis:

Oor die algemeen is die regterkant van 'n persoon, die regterkant soos bekyk vanuit die perspektief van daardie persoon. By motorvoertuie geld regs en links ten opsigte van die (normale) ryrigting, by riviere ten opsigte van die stroomrigting. By gewone voorwerpe wat 'n voorkant het, is die regterkant vanuit die perspektief van die toeskouer gesien.

Daar bestaan volkere en tale wat bekend is dat hul geen terme vir "links" en "regs" gebruik nie. Daar is iets byvoorbeeld "aan die kant van die berge" of "aan die kant van die boom". Die plek en die omgewing bepaal dan hoe die posisie ten opsigte van die aanskouer of toehoorder beskryf word.

Etiket

Uit die etimologie blyk dit dat 'regs' vanouds as goed beskou word en links as verkeerd.

Groet mens iemand met 'n handdruk, dan gebruik mens die ("skoon") regterhand. Dit geld ook as beleefd as die regterhand (of desnoods albei hande) gebruik word as iemand iets aangee of iets van iemand aanneem.

Die ("vuil") linkerhand word gebruik om in te hoes, die neus te blaas of die onderliggaam te reinig.

Laasgenoemde word in die meeste Westerse lande dikwels vergeet, maar geld in die Arabiese wêreld as baie belangrik. 'n Arabier sal ook altyd met die regterhand eet.

Rigting Links En Regs 
Die afgebeelde persone kan op verskillende maniere benoem word: • Van links na regs: Stafford, Schirra • Stafford (links) en Schirra • Stafford (met hand op die heup) en Schirra

'n Kelner dra die borde of skinkbord op sy linkerarm, sodat hy die borde en glase met die regterhand op die tafel kan neersit.

'n Treinkondukteur het die tang in sy linkerhand, sodat hy die kaartjie met die regterhand kan ontvang.

By 'n plegtigheid, soos 'n diploma-oorhandiging, ontstaan daar weereens konflik. Die kandidaat moet die diploma in ontvangs neem - en op daardie oomblik doen hy dit natuurlik volgens die reëls met die regterhand. Daarna moet hy egter die voorsitter se hand skud. Die korrekte metode is dat hy gou die diploma in die linkerhand plaas voordat hy die hand skud.

Van die anderkant gesien

As die oogarts na u regteroog kyk, is dit nog steeds u regteroog (maar vir die oogarts links). Die oogarts en die optikus skryf die gegewens op vanuit hul eie gesigspunt, dit wil sê dat hulle die gegewens van die regteroog op die linkerkant van die bladsy skryf. Hulle noem dit dan die regteroog. Dieselfde geld vir die gebit en ander dele van die liggaam.

Verkeer

Die rykante in die wêreld

Rigting Links En Regs 
██ Regs ██ Links
Rigting Links En Regs 
██ Regs██ Voorheen links, tans regs ██ Links██ Voorheen regs, tans links
██ Voorheen plaaslik gereël, tans regs

Fietsryers en perderuiters

Dit is gebruiklik dat 'n ruiter aan die linkerkant van sy perd op- en afklim. Die rede was vanouds omdat 'n ruiter sy swaard op die linkerheup gedra het, sodat opklim aan die regterkant byna onmoontlik was. Tans is dit 'n tradisie van alle perdry-instrukteurs dat hul leerlinge links moet bestyg.

Ook 'n fietsryer klim byna altyd aan die linkerkant op en af. Hiervoor is daar egter 'n ander rede: 'n fietsstaander sit altyd links, omdat die ketting regs sit. Om die staander in en uit te kan klap, moet hy daarom aan die linkerkant van die fiets staan.

Vliegtuie

Indien daar voor in 'n vliegtuig sitplekke langs mekaar is, dan sit die bevelvoerder of leerling links en die Eerste offisier (co-pilot), instrukteur of passasier regs.

Skryfwyse

Die Latynse skryfstelsel word van links na regs geskryf. Dit geld ook vir die Cyrilliese skryfstelsel en die Griekse skryfstelsel. Hebreeus en Arabies, daarenteen, word van regs na links geskryf.

Skroewe

'n Gassilinder vir brandbare gasse het 'n linkse skroefdraad aan die afsluiter, waarteen 'n gassilinder vir ander gasse 'n "regse skroefdraad" het, om ondeurdagte verwisseling te verhoed.

'n Waterkraan werk met 'n skroef. Meestal geld dit dat die kraan linksom oopgedraai word. Die omgekeerde geld egter vir elektriese reëlaars. So moet die volumeknoppie van 'n klankversterker regsom gedraai word om die klanksterkte te verhoog.

By 'n wasbak is die reël dat die koue kraan regs en die warm kraan links sit.

Eksterne skakel


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

Rigting Links En Regs InleidingRigting Links En Regs EtiketRigting Links En Regs Van die anderkant gesienRigting Links En Regs VerkeerRigting Links En Regs SkryfwyseRigting Links En Regs SkroeweRigting Links En Regs Eksterne skakelRigting Links En Regs

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JapanKarretjiemenseAppel (sanger)VratMaroela MediaMenseregtedagOu Apostoliese KerkSpesieTrappe van vergelykingSuid-Afrikaanse PolisiediensGeldRepubliek ChinaTropiese huisgeitjieDarwinismeNorfolk-eilandNarkoseMiltSuikersiekteEdmund HillaryPornografieOntkiemingWaarheid-en-versoeningskommissieVoorhuidNamur (provinsie)Alexander StrachanMagda van BiljonBreinvliesontstekingNagmaalAngkor WatDocumentaRaymond KurzweilJoodse kalender8 AprilPatriotLys van woestyneHenri MoissanAfrican People's MovementCecilia Payne-GaposchkinChristo WieseGlenys LynneBeeldspraakDuitse nasionale rugbyspanDuitse WikipediaRefentse MorakeMiddeleeuse kookkunsRooiwaterAnimismeGeologieKrieketVersamelnaamWhitey BassonDermpoliepKarpaletonnelsindroomKoöperasiestoriesSaccharomyces cerevisiaeSelfieBalletAfrikaanse naguilDepressie (gemoedstoestand)BinnelandersKanadaTongaTegnologieApostoliese GeloofsbelydenisBreingewasTrigeminale neuralgieMediaWikiPous Leo XLys van Afrikaanse televisiereekseJuan Antonio VillacañasHolocaust🡆 More