Lindy Wilson

Evelyn Rayne Lindy Wilson (gebore 6 Maart 1961) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert Augustus 2023 'n lid van die Limpopo provinsiale wetgewer, waar sy die Demokratiese Alliansie verteenwoordig.

Wilson is in Mei 2023 as die provinsiale leier van die DA verkies. Wilson was voorheen 'n raadslid in die Polokwane Plaaslike Munisipaliteit, 'n DA-parlementslid, die DA se skadu-adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling asook die DA se skadu-adjunkminister van gesondheid.

Lindy Wilson

Ampsbekleër
Termynaanvang
4 Augustus 2023
Voorafgegaan deur Désirée van der Walt

Provinsiale Leier van die Demokratiese Alliansie in Limpopo
Ampsbekleër
Termynaanvang
27 Mei 2023
Vise Marie Helm
Voorafgegaan deur Jacques Smalle

Skadu-adjunkminister van Gesondheid
Ampstermyn
5 Junie 2019 – 31 Julie 2023
Leier John Steenhuisen
Mmusi Maimane
Voorafgegaan deur Lungiswa James

Skadu-adjunkminister van Maatskaplike Ontwikkeling
Ampstermyn
5 Junie 2014 – 5 Junie 2019
Leier Mmusi Maimane
Voorafgegaan deur Emmah More
Opgevolg deur Thandi Mpambo-Sibhukwana

Ampstermyn
21 Mei 2014 – 31 Julie 2023

Persoonlike besonderhede
Gebore 6 Maart 1961 (1961-03-06) (63 jaar oud)
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Politieke party Demokratiese Alliansie
Eggenoot/-note Brian
Kind(ers) 5

Biografie

Wilson het as 'n advertensiebestuurder by Northern Media Group gewerk voordat sy 'n spysenierings- en gebeurtenisbestuuronderneming en 'n advertensie- en bemarkingsonderneming begin het. Sy het ook as die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Alkoholisme en Dwelmafhanklikheid (Sanca) in Limpopo gedien.

Politieke loopbaan

In 2010 is Wilson as die Demokratiese Alliansie se bedryfsbestuurder in die Mopani-distrik aangestel. Sy was die DA-kandidaat in 'n tussenverkiesing in wyk 20 in die Polokwane Plaaslike Munisipaliteit in Februarie 2012 en het die setel van die African National Congress verower. Later daardie selfde jaar is sy tot provinsiale voorsitter van die DA verkies.

Wilson was die DA se provinsiale veldtogbestuurder vir die algemene verkiesing van 2014, wat meegebring het dat die party meer as 95 000 stemme in die provinsie en drie setels in die provinsiale wetgewer verower het. Sy is in die verkiesing tot die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika verkies. Wilson is kort daarna as die DA se skadu-adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling aangewys.

Tydens die DA se provinsiale konferensie in 2017, is Wilson verkies as een van twee adjunk-provinsiale voorsitters van die party. Sy is in 2018 as hoof van die DA se Waterberg-Suid-kiesafdeling aangewys.

Wilson is in 2019 tot die Nasionale Vergadering herverkies. Sy is daarna as die DA se skadu-adjunkminister van gesondheid aangestel.

Jacques Smalle, die provinsiale leier van die DA, is in April 2021 daarvan beskuldig dat hy 'n blinde oog teenoor bewerings dat Wilson partyfondse misbruik het, gedraai het. Wilson het op die beskuldigings gereageer deur te sê dat dit ondersoek is en dat geen aanklagte deur die party teen haar gelê is nie.

Op 27 Mei 2023 is Wilson tot provinsiale leier van die DA in Limpopo verkies. Sy het vier ander kandidate vir die amp verslaan. Sy het vir Smalle opgevolg, wat op sy beurt tot provinsiale voorsitter verkies is.

Wilson is op 4 Augustus 2023 as 'n lid van die Limpopo provinsiale wetgewer ingehuldig nadat sy as 'n parlementslid bedank het.

Verwysings

Notas

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Lindy Wilson BiografieLindy Wilson Politieke loopbaanLindy Wilson VerwysingsLindy Wilson NotasLindy WilsonDemokratiese AlliansieLimpopo provinsiale wetgewerPolokwane Plaaslike Munisipaliteit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Onderhandelinge om apartheid te beëindigBlaarMikroskoopKleurSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureRassismeRookgewoonteJo BlackLidwoordKunsmatige intelligensieItaliëWaterBiblioteekRekeningkundeLys van Suid-Afrikaanse musikanteNederduitsch Hervormde KerkAardbewingPeriodieke tabelNedersettingOnse VaderHartLys van politieke partye in Suid-AfrikaOppervlakteKlem-in-die-kaakTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinVoortrekkermonumentChinese Grand PrixSirkusSelfstandige naamwoordMasizole MnqaselaPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaDuitse maselsEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaAlbert EinsteinAfkappingstekenChemiese reaksieOpenbare betrekkingeKlimaatsverandering in Suid-AfrikaIslamMaagsweerHadjVisBloedgroepVoedingDie VaderlandEienaamWinterMieliestronkSinoniemAppendiksNiemetaalInstagramFinale OplossingApartheidHipertensieTamatieSeisoenSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Lys van chemiese elemente volgens atoomgetalOrgasmeVryheid van spraakIronieBeesvleisKaliumAdolf HitlerShine47de LaanViëtnamoorlogBaarmoederKoos BekkerDulcie van den BerghSosiale transformasieYstervark🡆 More