Kristijonas Donelaitis

Kristijonas Donelaitis

Pruisies-Litause digter


Gebore
1 Januarie 1714
in Lasdinehnen naby Gumbinnen,
Koninkryk Pruise


Oorlede
18 Februarie 1780
in Tollingkehmen,
Koninkryk Pruise


Bekende werke

Metai (omstreeks 1765-1775)

Kristijonas Donelaitis (* 1 Januarie 1714, † 18 Februarie 1780; Latyns: Christian Donalitius) was die Evangelies-Lutherse predikant van 'n Duits-Litause kerkgemeente in Pruisies-Litaue, 'n streek in die ooste van die Koninkryk Pruise wat onder meer deur 'n minderheid etniese Litauers bewoon is. As digter het Donelaitis, wat ook Duitse poësie geskryf het, bekendheid verwerf met die eerste klassieke gedig in Litaus, Metai of "Die Seisoene".

Metai, wat steeds as een van die meesterwerke van Litause digkuns beskou word en sedert 1977 deel uitmaak van Unesco se Biblioteek van Europese Literêre Meesterwerke, beskryf die alledaagse lewe van Litause boere, hul moeilike lewe as lyfeienes en die seisoenale jaarlikse lewensiklus.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Toestand van materieInstagramMaanTweede VryheidsoorlogPenisStereotipeKlereKoos BekkerWikipediaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024DubbelpuntKongo-krisisMisdaadromanZoeloe16 NovemberKolorektale kankerSeksueel oordraagbare infeksieBeesvleisInternetMobutu Sese SekoOos-KaapMotorvoertuigDrakensbergePampoentjiesKompasVennootskapMaatskaplike verantwoordelikheidWitrenosterJoodse kalenderAlkoholismeSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieErfenisdag (Suid-Afrika)WitbloedselHartversakingVlekvrye staalSanskritJakkalsNederlandDemi Lee MooreStilleweCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaPapierLiefdeCarike KeuzenkampMartin Luther King jr.Noord-Sotho (taal)Topsy SmithLys van slangeMeervoudMetafoorVulkaanCradock-4HindoeïsmeDokterSonnetDonkieLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaBronsNavorsingLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaJudaïsmeGalileo GalileiMaatskappyTuisbladChroniese siekteVars waterWoordeboek van die Afrikaanse TaalSkoenlapperGqeberhaE-posBedryfstelsel (inligtingstegnologie)ChristendomSimboolAntoniemKerngeneeskundeCheslin KolbeRoofvoëlTswana🡆 More