Roeland Anthonie Kollewijn

Roeland Anthonie Kollewijn (Amersfoort, 30 Maart 1857 — Helmond, 7 Februarie 1942) was 'n Nederlandse taalkundige.

Hy het beroemd, selfs berug, geword vir sy artikel van 1891 oor Onze lastige spelling.

Die spellingsvoorstelle van Kollewijn het later die basis van die Afrikaanse spelling gevorm. Baie van sy voorgestelde vereenvoudigings is intussen ook in die amptelike Nederlandse spelling opgeneem, soos mensen wensen boze preken in plaas van die destydse menschen wenschen booze preeken. Ook alfabet, ether en rachitis in plaas van alphabet, aether en rhachitis kom uit Kollewijn se voorstelle, sowel as die weglating van die verbuigings: de boeken van die aardige kleine jongen in plaas van de boeken van dien aardigen kleinen jongen.

Voorstelle van Kollewijn wat nie die Nederlandse spelling gehaal het nie, maar wel die Afrikaanse, is die uitgange -ies (as vervanging van -isch met die onuitgesproke ch) en -lik (in plaas van -lijk en analoog aan -lig). Verder, in sy eie woorde: 'Ook schrijve men tans, altans, tee (sonder h), ert (sonder w), besje (sonder t).'

Vir die spelling van basterwoorde het hy baie wysigings voorgestel, waarvan sommige wel in gebruik geneem is. Daar was 'n tyd gewees toe die Nederlandse spelling vir leenwoorde uit 'n voorkeurspelling en in baie gevalle ook 'n toegelate alternatiewe spelling bestaan het, maar hierdie tendens het vanaf 1996 verander. Die alternatiewe vorm was baie keer kollewijniaans en was in sommige kringe volop in gebruik gewees. Ook in Vlaandere word baie minder van die voorkeursspelling gebruik gemaak en dus baie meer kollewijniaans gespel, as in Nederland. In Suid-Afrika word hierdie spelling - met goedkeuring vanuit Nederland en Vlaandere - in 1905 selfs amptelik ingevoer. Hierdie spelling vorm tans een van die vyf grondbeginsels van Afrikaans, wat dikwels foneties gespel word.

Wie die spelling van Kollewijn in gebruik wil sien, lees byvoorbeeld Paul Van Ostaijen in die oorspronklike versies ("verzies").

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

18571891194230 Maart7 FebruarieAmersfoortHelmondNederland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Sekondêre sektor van die ekonomieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Duitse maselsEskomSirkusWilna SnymanVars waterKankerAkademiaWinterSkilpadKunselemente7de LaanLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)BurgerregteKnieWet op NaturellengrondAntisemitismeSkildklierRob HersovKolorektale kankerKunsmatige intelligensieBedryfstelsel (inligtingstegnologie)LandbouNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaKlimaatsverandering in Suid-AfrikaStaatstoelaeWaarheid-en-versoeningskommissieTrekarbeidNatuurrampMaanAfkortingLionel PetersonVaginale kankerInflasieKangaroeYouTubeAfrikaGeskiedenis (vakgebied)SpinnekopWikimedia-stigtingRefleksieSkoolJudaïsmeLübeckAmhariesArabies-Israeliese konflikLondenMorfologie (taalkunde)SamestellingPretoriaVerkoueKersfeesTweede WêreldoorlogSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureBeesvleisHeelgetalVreesGeskiedenis van kindermishandelingNatuurbewaringNederduitse Gereformeerde KerkNederlandSaartjie BaartmanBeëdigde verklaringNamakwalandGevolge van aardverwarming op oseaneErfenishulpbronPornografieMisdaadBraaiPenisPseudowetenskapPablo PicassoJan van TonderSoortnaamSkarlakenkoorsRookgewoonte🡆 More