Tsiame Kenneth Mopeli (20 September 1930 – 1 Oktober 2014) was die Hoofminister van die voormalige Suid-Afrikaanse bantoestan Qwaqwa.
Kenneth Mopeli | |
Hoofraadslid van Qwaqwa | |
Ampstermyn 1975 – 1975 | |
Voorafgegaan deur | Wessel Motha |
---|---|
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Hoofminister van Qwaqwa | |
Ampstermyn 1975 – 1994 | |
Voorafgegaan deur | Nuwe amp |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Namahadi, Unie van Suid-Afrika (nou Vrystaat, Suid-Afrika) | 20 September 1930
Sterf | 1 Oktober 2014 (op 84) Phuthaditjhaba, Vrystaat, Suid-Afrika |
Alma mater | Universiteit van Suid-Afrika |
Mopeli is in Namahadi gebore en het sy BA (Hons) in 1954 aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) verwerf. Daarna was hy 'n onderwyser en het as radio-omroeper by die SAUK gewerk voordat hy 'n lid van die Qwaqwa Gebiedsowerheid geword het.
Mopeli het die Dikwankwetla Party gestig wat 'n oorwinning in die Qwaqwa-verkiesings van 19 Mei 1975 behaal het. Hy het gevolglik die eerste Hoofminister van Qwaqwa geword. Mopeli het die tuisland regeer totdat Qwaqwa in April 1994 weer by Suid-Afrika ingelyf is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kenneth Mopeli, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.