Kappa Crucis

Kappa Crucis (ook onder meer κ Cru of HD 111973) is ’n spektroskopiese dubbelster in die oop sterreswerm NGC 4755, wat ook as die Kappa Crucis- of Juweelkis-sterreswerm bekend is.

Dit is in die sterrebeeld Suiderkruis (Crux).

Kappa Crucis
Die middel van NGC 4755, met κ Cru links. Foto: Nasa/ESA en Jesús Maíz Apellániz (Instituto de Astrofísica de Andalucía, Spanje).
Die middel van NGC 4755, met κ Cru links. Foto: Nasa/ESA en Jesús Maíz Apellániz (Instituto de Astrofísica de Andalucía, Spanje).
Sterrebeeld Suiderkruis
Spektraaltipe B3 Ia
Soort Dubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 12h 53m 48.91920s
Deklinasie -60° 22′ 34.4808″
Skynmagnitude (m) 5,98
Absolute magnitude (M) -7,1
B-V-kleurindeks  +0,22
U-B-kleurindeks  -0,58
Besonderhede
Massa (M) 23
Ligsterkte (L) 151 000
Temperatuur (K) 16 300
Afstand (ligjaar) 8 500
Rotasiespoed (km/s) 70
Ander name
CD−59°4460, HD 111973, HIP 62931, HR 4890, SAO 252077, 2MASS J12534890-6022344
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Ligging

Kappa Crucis 
Die Kappa Crucis-sterreswerm (Foto: ESO VLT).

κ Crucis is een van die helderste sterre in die sterreswerm. Dit vorm een been, regs onder, of suid, van die prominente asterisme "A" in die middel van die swerm. Dit is deel van die Centaurus OB1-assosiasie en is sowat 8 500 ligjare van die Son af.

Die swerm, en dus κ Cru self, lê net suidoos van β Crucis, die linkerkantste ster van die bekende Suiderkruis-asterisme.

Eienskappe

κ Crucis is ’n helder superreus met ’n sterreklassifikasie van B3 Ia. Wisselings in die radiale snelheid dui op die teenwoordigheid van ’n metgesel-ster. Vanweë κ Crucis se grootte en temperatuur is sy ligsterkte meer as 150 000 keer dié van die Son. Die swerm waarin die ster voorkom se ouderdom word op 11,2 miljoen jaar geraam.

Verwysings

Eksterne skakels

12h 53m 48.91920s, −60° 22′ 34.4808″

Tags:

Kappa Crucis LiggingKappa Crucis EienskappeKappa Crucis VerwysingsKappa Crucis Eksterne skakelsKappa CrucisDubbelsterSterrebeeldSterreswermSuiderkruis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SnaarinstrumentEkonomiese sektorLys van Afrikaanse skrywersSomerDie Stem van Suid-AfrikaNeurenberg-verhoreWiskundige terminologieApartheidKersfeesVlag van Suid-AfrikaPersentasieHartaanvalSonDiarreeNeo-NazismePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHage GeingobRekenaarLeeuEjakulasieBoelieryDarwinismeLetsiteleKultuurJan van RiebeeckMusiekSosiale mediaCorioliskragSwartrenosterLenteAntisemitismeSlangRob HersovAfro-AmerikanersGeskiedenis van Suid-AfrikaKlem-in-die-kaakLika BerningKlereVerkragtingMorfeemDermpoliepAborsie in Suid-AfrikaJohannes MeintjesGriepSuid-SothoRacheltjie de BeerTuisbladDubbelpuntSteenkool in Suid-AfrikaPeriodieke tabelGoogle TranslateNoord-KaapBesnydenisWetenskaplike klassifikasieAfvalbestuurHolocaustFiela se kindVolhoubaarheidMIVWoordsoortKlimaatsverandering in AfrikaWortelMagneetTermietVoorvoegselStedelike hitte-eilandPoësieDysselsdorpKompasDeelwoordTegnologieHerpes simplexPaarl GimnasiumKoorsblaarJudaïsme🡆 More