Junior Stadsraad Van Pretoria

Die Junior Stadsraad van Pretoria is 'n nie-winsgewende jeugorganisasie wat in die jaar 1979, die Verenigde Nasies se Internasionale Jaar van die Kind gestig is.

Twee verteenwoordigers van verskeie hoërskole regoor Pretoria, een in graad 10 en een in graad 11, dien op die raad.

Vyf ampsdraers word aan die begin van 'n termyn demokraties deur die lede verkies, naamlik: 'n Junior Burgemeester, Junior Onder-Burgemeester, Sekretaresse, Stadsklerk (Tesourier) en PRO. Die oorblywende lede dien op die 5 hoofkomitees, naamlik: Kultuur, Sport, Vitae, Jeug en Kuns. Elkeen van die 5 komitees verkies dan hul eie voorsitter, onder-voorsitter en sekretaresse. Hulle vergader op 'n maandelikse basis in die Stadsaal van Pretoria.

Binne die komitees word byeenkomste gereël met die doelwit om die jeug van Pretoria te verenig en om geld vir liefdadigheid in te samel.

Missie

Die Junior Stadsraad se missie is:

    Om die Junior Stadsraad van Pretoria en ons visie te bemark en projekte te organiseer wat die jeug bind en so fondse in te samel vir liefdadigheid met 'n positiewe gesindheid en deursettingsvermoë.

Visie

Die Junior Stadsraad se visie is:

    Ons visie as die Junior Stadsraad van Pretoria is om die veelsydige jeug te verteenwoordig en te verenig. Ons mik om die grense tussen die verskillende hoërskole in Pretoria af te breek en om die samewerking tussen die leerders van hierdie gerespekteerde skole aan te moedig.

Projekte

Projekte wat vir die 2010/2011 termyn geïdentifiseer is:

  • Algemene Kennis Vasvra (Vitae)
  • "Touch" Rugbydag (Sport)
  • "Fun Run" (Sport)
  • Mnr en Mej Junior Stadsraad kompetisie (Kultuur)
  • Mnr en Mej Junior Stadsraad Popster kompetisie (Kultuur)
  • Talentkompetisie (Kuns)
  • Literatuurkompetisie (Vitae)
  • Kunskompetisie (Kuns)
  • Jeugbal (Jeug)
  • Gholfdag (Hele raad)
  • Junior Burgemeesterstee (Hele raad)
  • KREEF(Klere, Rokkies En Enige Frokkies)-dag (Graad 10-raad)

Alle winste word deur die termyn bymekaar gemaak en word aan verkose liefdadigheidsorganisasies geskenk.

Ampsdraers 2010/2011

Junior Stadsraad Van Pretoria 
Junior Stadsraad van Pretoria Ampsdraers van 2010/2011 termyn saam Mev. Linda Oberholzer (beskermer)

Die ampsdraers vir die 2010/2011 termyn is:

Junior Burgemeester

Junior Onder-Burgemeester

    Jason Oberholster (Hoërskool Garsfontein)

Sekretaresse

    Francin Steinmann (Hoërskool Oos-Moot)

Stadsklerk

    Benevolance Masetla (Hoërskool Uitsig)

Openbare skakelbeampte

    Gunther Muller (Hoërskool Wonderboom).

Ampsdraers 2011/2012

Die ampsdraers vir die 2011/2012 termyn is:

Junior Burgemeester

    Clarindi Greeff (Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria)

Junior Onder-Burgemeester

Sekretaresse

    Danny Bezuidenhout (Hoërskool Oos-Moot)

Stadsklerk

    Fransis Nyambi (Hoërskool Akasia)

Openbare skakelbeampte

    Keith Smook (Hoërskool Sutherland)

Verwysings

Tags:

Junior Stadsraad Van Pretoria MissieJunior Stadsraad Van Pretoria VisieJunior Stadsraad Van Pretoria ProjekteJunior Stadsraad Van Pretoria Ampsdraers 20102011Junior Stadsraad Van Pretoria Ampsdraers 20112012Junior Stadsraad Van Pretoria VerwysingsJunior Stadsraad Van Pretoria1979HoërskoolNie-winsgewende organisasiePretoriaVerenigde Nasies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jo BlackStereotipeMaagTarentaleEjakulasieBloeddrukMoedersdagKernoorlogAnneli van RooyenHernubare energieRooiKersfeesDundermDubbelpuntGetalAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidAfrikanernasionalismeTradisionele literatuurCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaGreen PornoOnse VaderMigrasie van diereVormSpysverteringstelselAspoestertjieMierNamibiëOndernemingsvormSint Pierre en MiquelonFietsGeelhoutTegnologieXhosasGoudNaaldekokerSpecial Air ServiceProteaIslamVoorsetselSonja HerholdtKunsmatige intelligensieSlangBaarmoederSitrusEpilepsieWalvisVulkaanHage GeingobNoordwesLetterkundeKonjunktivitisPrivaat maatskappyMosesGenadedoodVleilandGriepSprokieLatynOu Apostoliese KerkMpumalangaKlein vyf diereLionel MessiKommunikasiePoësieWikipediaSatellietGroepsdrukCristiano RonaldoLeierBreinvliesontstekingSharpeville-slagtingFiksieStollingsgesteenteWolk🡆 More