Judy Garland: Amerikaanse aktrise

Judy Garland (Frances Ethel Gumm; 10 Junie 1922 - 22 Junie 1969) was 'n Amerikaanse aktrise en sangeres.

Sy is hoog aangeslaan vir haar veelsydigheid en het onder meer 'n Juvenile Award, Golden Globe- en Grammy-pryse en 'n Spesiale Tony-toekenning gekry.

Judy Garland
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Frances Ethel Gumm
Geboorte 10 Junie 1922
Grand Rapids, Minnesota, VSA
Sterfte 22 Junie 1969
Chelsea, Londen, Engeland
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Aktrise, sangeres
Aktiewe jare 1924-1969 (sangeres)
1929-1967 (aktrise)
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Garland is ook vir verskeie ander pryse benoem, onder meer vir Academy Awards vir beste aktrise in die herproduksie van A Star is Born en beste vroulike byspeler vir haar rol in die 1961-rolprent Judgment at Nuremberg. Op die ouderdom van 39 het sy die jongste ontvanger geword van die Cecil B. DeMille-prys vir haar lewenslange bydrae tot die rolprentbedryf.

Loopbaan

Ná optredes in vaudeville-produksies saam met haar twee ouer susters is Garland as tiener deur Metro-Goldwyn-Mayer ’n kontrak aangebied. Sy het in meer as twee dosyn rolprente vir hulle opgetree, onder meer in nege saam met Mickey Rooney en in die 1939-film waarmee sy die meeste verbind sou word, The Wizard of Oz.

Ná 15 jaar is sy vrygestel van haar kontrak, maar het hernieude sukses behaal deur konsertoptredes wat nuwe rekords opgestel het.

In 1997 is 'n Grammy Lifetime Achievement Award postuum aan haar toegeken. Verskeie van haar opnames is opgeneem in die Grammy Hall of Fame. In 1999 het die Amerikaanse Rolprentinstituut haar onder die tien grootste vroulike sterre in die geskiedenis van die Amerikaanse rolprentbedryf geplaas.

Persoonlike lewe

Ondanks haar professionele sukses het Garland haar lewe lank persoonlike probleme gehad. Sy het oor haar voorkoms getwyfel weens regisseurs wat vir haar vertel het sy is onaantreklik en haar voorkoms op die skerm verander het. Sy het ook gereeld finansiële probleme gehad en het die belastinggaarder dikwels honderdduisende dollars geskuld.

Garland was vyf keer getroud; sy is van haar eerste vier mans geskei. Sy het tydens die grootste deel van haar loopbaan 'n stryd teen alkohol en dwelms gevoer en is op 47 jaar dood weens 'n oordosis dwelms. Sy het drie dogters gehad: Liza Minnelli, Lorna Luft en Joey Luft.

Filmografie

  • 1929: The Big Revue
  • 1929: A Holiday in Storyland
  • 1929: The Wedding of Jack and Jill
  • 1929: Bubbles
  • 1935: La Fiesta de Santa Barbara
  • 1936: Every Sunday, Judy
  • 1936: Pigskin Parade, Sairy Dodd
  • 1937: Broadway Melody of 1938, Betty Clayton
  • 1937: Thoroughbreds Don't Cry, Cricket West
  • 1937: Silent Night
  • 1938: Everybody Sing, Judy Bellaire
  • 1938: Love Finds Andy Hardy, Betsy Booth
  • 1938: Listen, Darling, Pinkie Wingate
  • 1939: The Wizard of Oz, Dorothy Gale
  • 1939: Babes in Arms, Patsy Barton
  • 1940: If I Forget You
  • 1940: Andy Hardy Meets Debutante, Betsy Booth
  • 1940: Strike Up the Band, Mary Holden
  • 1940: Little Nellie Kelly, Nellie Kelly & Little Nellie Kelly
  • 1941: Ziegfeld Girl, Susan Gallagher
  • 1941: Life Begins for Andy Hardy, Betsy Booth
  • 1941: Babes on Broadway, Penny Morris
  • 1941: We Must Have Music
  • 1942: For Me and My Gal, Jo Hayden
  • 1943: Presenting Lily Mars, Lily Mars
  • 1943: Girl Crazy, Ginger Gray
  • 1943: Thousands Cheer
  • 1944: Meet Me in St. Louis, Esther Smith
  • 1945: The Clock, Alice Mayberry
  • 1946: The Harvey Girls, Susan Bradley
  • 1946: Ziegfeld Follies, The Star
  • 1946: Till the Clouds Roll By, Marilyn Miller
  • 1948: The Pirate, Manuela Ava
  • 1948: Easter Parade, Hannah Brown
  • 1948: Words and Music
  • 1949: In the Good Old Summertime, Veronica Fisher
  • 1950: Summer Stock, Jane Falbury
  • 1954: A Star Is Born, Vicky Lester
  • 1960: Pepe
  • 1961: Judgment at Nuremberg, Irene Hoffman Wallner
  • 1963: Gay Purr-ee, Mewsette
  • 1963: A Child Is Waiting, Jean Hansen
  • 1963: I Could Go On Singing, Jenny Bowman

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Judy Garland LoopbaanJudy Garland Persoonlike leweJudy Garland FilmografieJudy Garland VerwysingsJudy Garland Eksterne skakelsJudy Garland10 Junie1922196922 JunieAktriseGolden GlobeGrammyVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SlangLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaMediese diagnoseWeeluisEreksieKaapse AfrikaansHidroponikaLemoenduifAlkoholismeEikBobbejaanPotchefstroomAnglo-BoereoorlogJean-Michel BasquiatFredi NestDawidHipoteseAkroniemGetalKarpaletonnelsindroomRuslandPampoentjiesHoërskool WaterkloofWes-KaapOntkiemingSkilpadDe AarJada FireJan BlohmGoogleVulvaJesus van NasaretPaul KrugerGroepsdrukHartaanvalTom DreyerOkkerneutTandbederfJohannes BrahmsDruiweApiesdoringAfrikaanse taalleerBloedvergiftigingEenvoudige hangbrugGenesisBaarmoederOrale seksAs Aventuras de Gui & EstopaJanita ClaassenSelfieDigvormSeksualiteitWaterbesoedelingHelpmekaar-kollegeTswanaAnrikaTV GloboHannes van WykNoot vir NootWillie JoubertOntwerpSonpaneelLys van hoofstedeLiesbreukOnomatopeeSonMoslemNierGroot TrekRuan PienaarNoord-CarolinaJackie ChanWoordsoortRooms-Katolieke KerkLeeu🡆 More