Grammy

’n Grammy (oorspronklik Gramophone Award) is ’n prys van die Amerikaanse National Academy of Recording Arts and Sciences (NARAS) vir uitnemendendheid in die musiekbedryf.

Op die jaarlikse toekenningsaand tree vooraanstaande musikante op. Dit is die musiekbedryf se weergawe van ander pryse soos die Emmys (televisie), Tonys (teater) en Oscars (rolprentbedryf).

 Grammy Grammy 

Bette Midler met haar Grammy in 1990.
Bette Midler met haar Grammy in 1990.
Toegeken vir Uitmuntendheid in die musiekbedryf
Borg The Recording Academy
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vorige naam Gramophone Award
Eerste toekenning 4 Mei 1959 (1959-05-04) (64 jaar oud)
Webtuiste grammy.com

Die 1ste jaarlikse Grammy-toekenningsaand het plaasgevind op 4 Mei 1959 en pryse is toegeken vir uitnemende werk in 1958. Sedert 2012 is die kategorieë aangepas. Die 61ste Grammy-toekenningsaand is op 10 Februarie 2019 in die Staples Center in Los Angeles, Kalifornië, gehou.

Geskiedenis

Wenners van 2017/'18. Van bo is Bruno Mars, Alessia Cara, Ed Sheeran en Leonard Cohen

Die Grammys het in die 1950's hul oorsprong in die Hollywood Walk of Fame-projek gehad. Terwyl musiekbeamptes wat vir die Walk of Fame-komitee gekies is, ’n lys saamgestel het van belangrike musikante wat vir ’n ster kwalifiseer, het hulle besef daar is baie leiers in die bedryf wat nooit ’n ster sal kry nie. Hulle het besluit om ’n musiekprys soortgelyk aan die Oscars en Emmys te skep. Dit was die begin van die National Academy of Recording Arts and Sciences.

Nadat die besluit geneem is, moes ’n naam gekies word. Een voorstel was "Eddie", ter ere van die uitvinder van die fonograaf, Thomas Edison. Hulle het eindelik besluit op ’n naam ter ere van Emile Berliner, die uitvinder van die grammofoon, vir die prys vir 1958.

Die eerste toekenningsaand is op 4 Mei 1959 tegelyk op twee verskillende plekke gehou – die Beverly Hilton Hotel in Beverly Hills, Kalifornië, en die Park Sheraton Hotel in die stad New York. Altesaam 28 Grammys is toegeken. Die getal pryse het oor die jare gewissel en toegeneem namate kategorieë bygevoeg en verwyder is – daar was in ’n stadium meer as 100. Die tweede toekenningsaand, wat ook in 1959 gehou is, is die eerste seremonie wat op televisie uitgesaai is, maar dit is in 1971 die eerste keer regstreeks uitgesaai.

Die trofee

Die vergulde trofees, wat ’n goue grammofoon uitbeeld, word met die hand deur Billings Artworks in Colorado gemaak. Die oorspronklike beeldjie is in 1990 herontwerp en die tradisionele sagte lood is met ’n harder allooi vervang wat nie so maklik beskadig raak nie. Billings het ’n sinkallooi, grammium, ontwerp wat as ’n handelsmerk geregistreer is.

Die trofee, met die ontvanger se naam daarop, is eers ná die seremonie beskikbaar; vir die oorhandiging word elke jaar dieselfde replikas gebruik.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Grammy GeskiedenisGrammy Die trofeeGrammy VerwysingsGrammy Eksterne skakelsGrammyEmmyMusiekOscarVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Morfologie (taalkunde)VoorvoegselHidroëlektrisiteitOlifantGeskiedenis van Suid-AfrikaKolorektale kankerMusiekSirkelKoorsJakkalsEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaAborsie in Suid-AfrikaFiksieKlimaatsverandering in AfrikaGeslagMangelLangste woordSkuinsstreepVerenigde State van AmerikaWapen van Suid-AfrikaEllipstekenSwangerskapVerkleurmannetjieSeksualiteitEnkelvoudige sinKrygkorWeervoorspellingMaroela MediaKasterolieHulpwerkwoordRenteBlomPersoonlike voornaamwoordKlankWaatlemoenJan van TonderDomkragRussiese inval in Oekraïne sedert 2022WithaaiMediese diagnoseKoolstofdioksiedKaliumBybelSonnestelselSelfstandige naamwoordTamatieOrtopedieBeaufortskaalVoedselkettingRosa ParksDermpoliepStadDiatomiese molekuulSuid-AfrikaBevolkingOorstromingLabia (geslagsdele)SomerDruiweSmaakDroomIronieVigsReg tot ‘n gesonde omgewingVaginale kankerVerantwoordelikheidAkuutHeupNag van die lang messeKoedoeVierkantswortelDuitse maselsSeekoeiDriedimensioneelApokriewe boeke🡆 More