Jinja is 'n dorp in die ooste van Uganda, ongeveer 90 kilometer noordoos van die hoofstad Kampala.
Dit lê op die oostelike oewer van die Victoriameer. Jinja is die hoofstad van die gelyknamige distrik Jinja en dit is ook die hoofstad van die Busoga-koninkryk.
Jinja | |
---|---|
Dorp | |
Koördinate: 0°25′28″N 33°12′15″O / 0.42444°N 33.20417°O 33°12′15″O / 0.42444°N 33.20417°O | |
Land | Uganda |
Provinsie | Oos-Uganda |
Sub-streek | Busoga |
Distrik | Jinja |
Regering | |
• Burgemeester | Muhammad Kezaala Baswale |
Bevolking | |
• Totaal | 89 700 |
Die streek is bekend vir sy vrugbare grond en oorvloedige reënval. Boerdery is dan ook die grootste industrie, maar metaalverwerking, leer- en papierfabrieke word ook hier aangetref. Omdat die dorp ook 'n hawe aan die Victoriameer het, verskaf die visindustrie ook heelwat werksgeleenthede.
Jinja het ongeveer 110 000 inwoners en die gemiddelde jaarlikse inkomste per persoon in ongeveer 70 euro. Die vernaamste tale wat hier gepraat word is Lusoga en Luganda.
Die Nylrivier ontspring net buite Jinja.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Jinja, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.