Die Ingula-pompopgaarskema (voorheen bekend as Braamhoek) is tussen 2005 en 2017 deur Eskom en CMC Impregilo Mavundla ('n gesamentlike onderneming) teen die hange van die Klein Drakensberge op die grens tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal, Suid-Afrika opgerig.
Ingula-pompopgaarskema | |
---|---|
Amptelike naam | Ingula-pompopgaarskema |
Ligging | naby Harrismith |
Provinsie/Land | KwaZulu-Natal en Vrystaat, Suid-Afrika |
Koördinate | 28°16′54″S 29°35′08″O / 28.28167°S 29.58556°O 29°35′08″O / 28.28167°S 29.58556°O |
Dam in | Kliprivier en Wilgerivier |
Doel | Industrieel |
Konstruksiekoste | VS$3,5 miljard (R25 miljard) |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Grondvulling |
Hoogte van wal | 41 m (Bedforddam) 39 m (Bramhoekdam) |
Lengte van wal | 810 m (Bedforddam) 331 m (Bramhoekdam) |
Kapasiteit | 22 400 000 m³ (Bedforddam) 26 300 000 m³ (Bramhoekdam) |
Hidrokragsentrale | Konvensioneel |
Aanlegeienaar | Eskom en CMC Impregilo Mavundla |
Aanlegoperateur | Departement van Waterwese en Bosbou |
Hidroliese hoof | 480 m |
Turbines | 4 x 333 megawatt (447 000 hp) omkeerbare Francis-tipe |
Geïnstalleerde kapasiteit | 1 332 MW |
Netto opwekking | 1332 (turbine) / 1440 (pomp) MW |
Die skema bestaan uit 'n boonste (Bedforddam) en 'n onderste dam (Bramhoekdam) 4,6 km van mekaar af en verbind deur tonnels. Die ondergrondse kragsentrale huisves 4 x 333 MW omkeerbare pompturbines. Die skema is teen 'n koste van R27 miljard gebou en is in 2017 in werking gestel.
Die opgaar-elektrisiteitsaanleg word gebruik om gedurende spits-aanvraagtye van die dag bykomende elektrisiteit op kort kennisgewing op te wek. Gedurende die nag word oortollige krag op die netwerk, wat deur konvensionele steenkool- en kernkragstasies opgewek word, gebruik om water na die boonste reservoir te pomp.
Die energiestoorkapasiteit is 21 000 MWh of 15,8 uur se opwekking.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Ingula-pompopgaarskema, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.