Hollandse medisyne is tradisionele geneesmiddels wat al vir meer as 200 jaar in Suid-Afrika gebruik word.
Elke huishouding in die tyd van die trekboerpionier en die Voortrekkers het oor ‘n medisynekissie beskik. Dit was gewoonlik verdeel in vakkies vir flessies en plekke vir pleisters, salwe en ‘n handleiding wat die simptome van die meesvoorkomenede kwale aangedui het en aanbeveel het watter geneesmiddels en die dosis daarvan wat aangewend moes word.
Tipiese voorbeelde van die Hollandse medisyne in ‘n huisapteek van daardie tyd was:
Hierdie Hollandse medisyne in die volksgeneeskunde van die Afrikaner is ‘n voortsetting van die middels en resepte van dr. Carl August van Madai (1739-1816), die dokter by die weeshuis in Halle, Duitsland. Die Von Madai-familie het beroemd geword deur die medisyne wat hulle oor die wêreld heen ten bate van die weeshuis verkoop het. Reeds laat in die 18de eeu is die geneesmiddels in die Kaapkolonie bekend. Later het Kaapstad se aptekers, en veral dr. C.F. Juritz van die Engel-apteek in Loopstraat, self die medisyne begin vervaardig om die noodhulpkassies op en aan te vul. Ten spyte van die vooruitgang in die mediese wetenskap is sekere van die Hollandese medisyne tans nog in die winkels te koop.
Waarskynlik is na die inhoud van die medisyne-kassie aanvanklik verwys as Halliese medisyne omdat die Von Madai’s in Halle gewoon het. Dit het in die volksmond van die Kaapkolonie se gebruikers Hollandse medisyne geword.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Hollandse medisyne, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.