Hoërskool Ermelo

Die Hoërskool Ermelo is 'n openbare hoërskool in Mpumalanga, Suid-Afrika.

Dit is 'n Afrikaans Engels-dubbelmediumskool vir seuns en meisies. Die naam Hoërskool Ermelo word dikwels afgekort na EHS en daar word informeel na die leerders verwys as Erries.

Hoërskool Ermelo
Hoërskool Ermelo
Leuse Non Viribus Sed Virtute

"Nie deur krag nie, maar deur deug"

Gestig 11 April 1914
Tipe Staatskool
Hoof Mnr. Pieter Grobler
Grade 8-12
Adres Joubertstraat 1, Ermelo 2351, Suid-Afrika
Dorp Ermelo
Provinsie Mpumalanga
Land Suid-Afrika
Kleure               
Koshuis(e) Huis Veltman, Adriani en Nelstehuis
Jaarboek EHS Jaarblad
Skoolkoerant Errie-Pos
Webblad www.erries.co.za

Geskiedenis

Aanvanklik kom die Hoërskool Ermelo op 11 April 1914 tot stand en word in die "Uitkomst-Meisjes Tehuis" gehuisves, maar in 1917 verhuis die skool na die ou munisipale geboue van Ermelo. Op 19 April 1921 word die nuwe skool amptelik in gebruik geneem op die plek waar die skool vandag staan.

Skoolwapen en leuse

Mnr. Kotze, die eerste hoof van die skool (1914) het die Arend as wapen van die Hoërskool Ermelo aanvaar. Die twee koppe wat na weerskante kyk, simboliseer wakkerheid. Die kroon, bal en staf is simbole van koninklike mag.

Leuse "Non Viribus Sed Virtute."
Vrylik vertaal vanuit Latyns: "Nie deur krag nie, maar deur deug."

Skoolkleure

Die eerste skoolhoof van die Uitkomsteskool, Mej. AE Adriani, het in 1917 die breë bottelgroen en smal wit kleure voorgestel. Dit was ook die kleure van die Meisie-staatskool in Pretoria, waar sy voor haar koms na Ermelo werksaam was. Die twee kleure kom ook voor op die Vierkleurvlag van die ou Z.A.R.

Simboliek:

  • Wit: reinheid en opregtheid
  • Groen: moed en hoop

Visie, missie en erekode

Hoërskool Ermelo 
EHS se hoofgebou

Visie

Die EHS is 'n gemeenskap van leerders (i.e. leerlinge, personeel, hoof, ouers) met uitnemendheid as die ideaal. Die strewe is om te waag; om dinge anders en nuut te doen en om 'n verskil te maak vir alle rolspelers. Voorts strewe die EHS daarna om die behoudende Christelike opvoedingsmilieu te handhaaf. 'n Uitnodigende onderwysgemeenskap skep legio geleenthede vir individualiteit sodat elkeen dít kan bereik waarin hy glo.

Missie

Ons sal ons visie bereik deur die uitleef en versterking van Christelik-gefundeerde kernwaardes soos:

  • Respek vir mekaar as mens uit te leef
  • Individualiteit van elke mens te erken en uit te leef
  • Etiese gedrag en dissipline te alle tye te handhaaf
  • Geleenthede te soek en te benut om mekaar opreg erkenning te gee en daardeur mekaar te versterk en op te bou
  • Uitbou van die EHS as 'n gemeenskap van leerders vir ons leerlinge, hoof, ons personeel en ouers
  • Uitbou en versterking van samewerkende en kollegiale werksverhoudinge in die opvoedkundige driehoek bestaande uit leerling, leerkrag en ouer
  • Deur voortdurend nuut te dink en nuwe horisonne te betree
  • Daarna te streef om kwaliteit geleenthede daar te stel sodat leerlinge, personeel en ouers hom/haar wil assosieer met die EHS om sodoende betrokkenheid, toewyding, groei en ontwikkeling te stimuleer
  • Effektiewe en gereelde kommunikasie met leerlinge, personeel en ouers
  • Met Jesus Christus as fokus, alles binne ons vermoë te doen om ons kinders te laat groei en ontwikkel tot volwassenheid

Erekode

Laat ons soos goeie Suid-Afrikaners te alle tye streef om:

    1. Eerlik te wees in ons optrede teenoor ons ouers, onderwysers en medeskoliere.
    2. Getrou te wees aan ons land, ons volk, ons kerk en ons taal.
    3. Diens te lewer aan ons medemens en aan ander te doen soos ons graag aan onsself gedoen wil hê.
    4. Rein in gedagtes, woord en daad te wees en die mooie en goeie in die lewe raak te sien.
    5. Ons geleenthede te benut en die hoogste sport in die lewe te bereik.
    6. Geloof in ons lewenstaak te hê, nie tou op te gee nie, maar te veg tot die bittereinde.
    7. Ons eie goeie naam, die goeie naam van ons skool en van ons volk soos goud te bewaar.
    8. Altyddeur blymoedig te wees, die goeie te behou en in alles denkbaar te wees.

Die EHS streef ook daarna om daagliks die volgende waardes uit te leef:

  • Eerlikheid
  • Lojaliteit
  • Toewyding
  • Omgee
  • Nederigheid

Liedere en krete

Skoollied

Hoërskool Ermelo 
    Ons staan vooraan deur heel die land,
    In werk en sport en spel.
    Gevorm in hart en brein en hand,
    En sal dit bly vertel.
      REFREIN:
      Die EHS is die skool vir my,
      Daar is geen ander skool soos hy,
      Ons sing dit uit met harte bly,
      Hy is en bly die skool vir my.
    Aan die Alma Mater sweer ons trou,
    En sal dit altyd bly;
    Dis die bande wat ons same hou
    Vir jou, ou maat en my.
    (refrein)
    Ons het jou lief ou Ermelo,
    Ons sal jou nooit vergeet
    En die een en almal sê ons so,
    Die Wêreld moet dit weet.
    (refrein)


Hoërskool Ermelo 

Ou Ermelo Hoërskool

Hoërskool Ermelo 
    Ou Ermelo Hoërskool,
    jy is ons trots,
    jy is ons eer,
    vir jou wil ons lewe,
    vir jou wil ons weer probeer.
    Jy is die beste,
    van al die Hoërskole,
    jy is ons tuiste,
    vir jou het ons lief.
    Die tyd's verby nou,
    vir ons om nog,
    te wil probeer.
    Ons bou hier 'n nasie,
    wat lewe net uit een.
    In Ermelo Hoërskool,
    is alles die beste.
    Om net hier te lewe,
    dit is ons trots.


Hoërskool Ermelo 

Skoolkreet

Hoërskool Ermelo 
    Weet jul, ken jul, Groen-Wit!
    Ons was, ons is, ons bly die Erries!
    Doemela! (seuns)
    Squasha! (meisies)
    Doemela! (seuns)
    Squasha! (meisies)
    E – R – M – E – L – O
    ERMELO!


Hoërskool Ermelo 

Tradisies

Groentjieskonsert
Aan die begin van elke jaar neem die onderskeie koshuise asook die dorpshuis teen mekaar deel tydens die Groentjieskonsert. Die nuwe Graad 8 leerlinge voer hul konserte uit na weke se voorbereiding onder leiding van die matrieks van elke huis. Die res van die leerlinge van elke huis neem ook teen mekaar deel in die vorm van 'n koshuisdans en dirigenteoptog.

Groen Mannetjies
Tydens elke eerstespan-rugbywedstryd staan die eerstejaarseuns in 'n ry geklee in hul groen skoolbaadjies agter die doodlyn van die opponente. Dit word gedoen ter aanmoediging van Ermelo.

Fasiliteite

Die terrein van Hoërskool Ermelo bestaan uit 'n reeks van fasiliteite:

Sport

    • Muurbalsentrum
    • Gimnasium (Errie-Biokinetikasentrum)
    • Swembad
    • Atletiekbaan met stadion
    • Rugbyvelde (3)
    • Hokkievelde (3)
    • Krieketvelde (2)
    • Tennisbane (5)
    • Netbalbane (6)

Kultuur

  • 600-sitplek-teater
  • Musieksentrum (onderrig in 'n verskeidenheid instrumente insluitende klavier, saksofoon, hobo, orrel, blokfluit, dwarsfluit, trompet, en kitaar word aangebied)
  • Adele Grey Dansskool (onderrig in 'n verskeidenheid danssoorte insluitende hip-hop, ballet en moderne dans word aangebied)
  • Model Manifest Modelskool

Koshuise

Drie koshuise op die terrein bied huisvesting vir leerders van ver:

  • Huis Veltman (Seunskoshuis)
  • Nelstehuis (Meisieskoshuis)
  • Adriani (gemengde dag koshuis)

Algemeen

  • Kafeteria vir leerders
  • Koffiewinkel
  • Haarsalon

Noemenswaardige alumni

  • John-Laffnie de Jager Suid-Afrikaanse tennisspeler
  • Henno Mentz Sharks/Lions- en Springbokrugbyspeler
  • Dirk Ziervogel, taalkundige
  • Jacques du Plessis, Vodacom Blou Bul-rugbyspeler (Superrugby/Curriebeker), O/21 Springbok-rugbyspeler, Jeug olimpiese rekordhouer in diskus.
  • Lynne de Jager, mev. Suid-Afrika 2012
  • Johan van der Wath, Suid-Afrikaanse krieketspeler
  • Lafras Uys, Griekwas Rugbyspeler
  • Ernst Dinkelman, Noord-Transvaal- en Springbok-rugbyspeler, later afrigter en keurder.
  • Juba Grobler, Springbokskut.
  • Hein Dinkelman, Oos-Transvaal-rugbyspeler.
  • Peter Celliers, Springbok-kunsvlieënier. (Sterf in vliegongeluk)
  • Charles Celliers, SA-skole-rugbykaptein (Sterf saam met sy pa in vliegongeluk)
  • Corrie du Plooy, Suidoos-Transvaal/Pumas-rugbyspeler.
  • Johannes Esterhuyzen, Oos-Transvaal-rugbyspeler.
  • Hennie Oosthuizen, Pumas-rugbyspeler
  • Lydia Pienaar, kenner van kinder- en jeuglektuur en vertaler
  • Ela Spence, skrywer
  • Susan Kruger, skrywer en ministersvrou
  • Engela Langenhoven, skrywer onder die pennaam C. de Bruyn

Eksterne skakels

Tags:

Hoërskool Ermelo GeskiedenisHoërskool Ermelo Visie, missie en erekodeHoërskool Ermelo Liedere en kreteHoërskool Ermelo TradisiesHoërskool Ermelo FasiliteiteHoërskool Ermelo Noemenswaardige alumniHoërskool Ermelo Eksterne skakelsHoërskool ErmeloAfrikaansEngelsHoërskoolMpumalangaSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Letterlike en figuurlike taalgebruikPort SaidBloedvergiftigingKen StarrAnale seksGoeie VrydagPous Celestinus IIIJesus van NasaretSaoedi-ArabiëWorldCatAmptelike taalNarsistiese persoonlikheidsteuringTang-dinastiePornhubJaarDulcie van den BerghSpelerposisies in rugbyAllergieLys van kleureRugbyLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Turks- en CaicoseilandeBloedgroepAalwynChristo WieseBrasiliëDuitslandBoer Soek 'n VrouOogproblemeKommunistiese Party van die SowjetunieRuan JoshErica BoyerDansPous Stefanus IIIUtahWolmaransstadAntieke RomeMilwaukeeValéry Giscard d’EstaingLos AngelesJudaïsmeDeon GrootWêreld- Ekonomiese ForumOntkiemingKolorektale kankerUniversiteit van die WitwatersrandVersamelnaamSonsverduisteringLys van lande volgens oppervlakDroomNederduitsch Hervormde KerkPtolemeusNoord-KoreaWeeluisKarooNasionale Etruskiese MuseumAreolaSeksueel oordraagbare infeksieGoudBen Gurion Internasionale LughaweLiesbreukWikiLatynF.W. de Klerk28 MaartWoordHerfsGerrie PretoriusOnderhandelinge om apartheid te beëindigJuan Antonio VillacañasDirigentInternetMenslike skeletTierboskatSirkel🡆 More