Jimmy Stonehouse: Suid-Afrikaanse rugbyafrigter

James Stonehouse (gebore op 30 Maart 1964 in Krugersdorp) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyafrigter en die hoofafrigter van Curriebekerspan die Pumas.

Jimmy Stonehouse Rugbyportaal
Volle naam James Stonehouse
Geboortedatum 30 Maart 1964 (1964-03-30) (60 jaar oud)
Geboorteplek Krugersdorp, Transvaal
Lengte 1,75 m
Massa 100 kg
Beroep Rugbyafrigter
Rugbyloopbaan
Loopbaan as afrigter
Jare Klub / span
1990–1992
1990–1997
1994–1997
1998–2008
2000–2001
2002–2003
2005–2007
2007–2008
2008–2015
2012
2013
2015–2017
2018–tans
Pumas Cravenweekspan
Hoërskool Ermelo
Pumas Cravenweekspan
Hoërskool Waterkloof
Rusland o/19
Blou Bulle Cravenweekspan
Pretoria Harlequins
Blou Bulle Cravenweekspan
Pumas
SA Barbarians (Noord)
SA Presidente XV
Toshiba Brave Lupus
Pumas

Vroeë loopbaan

Stonehouse het as speler vir Suidoos-Transvaal haker gespeel. Tydens sy speeldae was hy ook 'n onderwyser by Hoërskool Ermelo tussen 1984 en 1997 en het sukses behaal met die afrigting van hul eerste span, en hulle gelei tot die Kwarteindronde van die Direkteurstrofee in 1992 en na die halfeindronde van dieselfde kompetisie in 1993. Hy was ook van 1990 tot 1992, en van 1994 tot 1997 die afrigter van Suidoos-Transvaal se Cravenweek (onder-18)-span.

Hy het in 1998 by Hoërskool Waterkloof aangesluit as hul Direkteur van Rugby, wat hulle na die Blou Bulle hoërskolekampioenskap in 2003 gelei het, die eerste keer in 12 jaar. Hy het ook die Blou Bulle se Cravenweekspan in 2003 en 2004 afgerig.

Gedurende hierdie tyd het hy ook die Rusland o/19-span afgerig wat aan die FIRA Europese o.19-toernooi in Frankryk deelgeneem het, wat hulle gelei het tot 'n oorwinning in die Plaatkompetisie. Hy het ook die Rusland-sewesspan afgerig aangesien hulle vir die 2001 Rugbywêreldbeker-sewestoernooi in Argentinië gekwalifiseer het. Hy is as hoofafrigter van die Russiese nasionale rugbyspan aangestel, maar het kort daarna om gesinsredes na Suid-Afrika teruggekeer.

In 2004 het Stonehouse by die klubspan Pretoria Harlequins in die Blou Bulle se Carltonliga-kompetisie aangesluit en hulle na die halfeindronde in 2006 gelei, die eerste keer in 22 jaar wat hulle dié prestasie kon behaal. Hy is ook as die Blou Bulle se Cravenweek-afrigter vir 2007 en 2008 aangestel.

In 2005 en 2006 het hy die Blou Bulle se Vroue-sewesspan asook die nasionale vrouesewesspan afgerig wat die Afrika-toernooi in Uganda gewen het.

Pumas

Stonehouse het sy groot deurbraak in 2008 gemaak toe hy as hoofafrigter van die Pumas aangestel is.

Toshiba Brave Lupus

In Januarie 2015 het Stonehouse aangekondig dat hy die Pumas sal verlaat ná sewe jaar by die span om in April van dieselfde jaar by die Japannese Topliga-span Toshiba Brave Lupus aan te sluit.

Verteenwoordigende spanne

Hy het ook partykeer vir kort tye afrigting gedoen; hy was een van die afrigters van die Royal XV wat teen die Britse en Ierse Leeus gespeel het tydens hul 2009 toer in Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Barbarians (Noord)-span wat teen Engeland tydens die 2012-Engeland-rugby-toer in Suid-Afrika gespeel het.

Liggaamsbou

Stonehouse het ook aan liggaamsboukompetisies deelgeneem. Hy het die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie in 2005 gewen en in 2006 sesde in die Mnr-heelal-kompetisie gekom.

Verwysings

Tags:

Jimmy Stonehouse Vroeë loopbaanJimmy Stonehouse PumasJimmy Stonehouse Toshiba Brave LupusJimmy Stonehouse Verteenwoordigende spanneJimmy Stonehouse LiggaamsbouJimmy Stonehouse VerwysingsJimmy Stonehouse1964CurriebekerKrugersdorpPumas

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Noord-KaapMarsWapen van Suid-AfrikaNarsismeMagneetXenofobieDramaFiela se kindGrondbesoedelingGalblaasYsterLongMaatskappyBuffelBerilliumJudaïsmeTweede WêreldoorlogHernubare energieNedersettingSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeMeningsverskil oor aardverwarmingOlifantVoëlGeweldJaco JacobsKapitaal (ekonomie)LeierskapRosa ParksHage GeingobAfrikaanse WikipediaSterNierversakingAborsie in Suid-AfrikaShanzhaiSharpeville-slagtingEskomRassisme in AfrikaBevolkingMonumentPampoentjiesSeksTrevor NasserBiodiversiteitLionel MessiTydSteve HofmeyrSeptimius AwardsGenitale vratSelfvertroueElektrisiteitHartaanvalMiltMurraysburgRuan PienaarHomoniemFinale OplossingMiddeloorontstekingBlack SashPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaDuitslandPlae van EgipteGrondsoorteTrekarbeidVulkanismeSkaapOu Apostoliese KerkBaljuMigrasie van voëlsHomofoonMusieksimboleRivierSeekoeiKasteel die Goeie HoopVerkleinwoordDiskriminasie🡆 More