Herbert I (gebore omstreeks 848/850; sterf 907) of Heribertus I, was Graaf van Vermandois, Meaux, en Soissons.
Hy was ook 'n leke-ab aan Saint-Quentin. Hy was 'n Karolingiese aristokraat, en het 'n betekenisvolle rol gespeel in Frankië.
Herbert I van Vermandois | |
Graaf van Soissons | |
Voorafgegaan deur | posisie vasgestel |
---|---|
Opgevolg deur | Herbert II van Vermandois |
Graaf van Vermandois | |
Voorafgegaan deur | Pepyn II |
Opgevolg deur | Herbert II van Vermandois |
Graaf van Meaux | |
Voorafgegaan deur | Tetbert, Graaf van Theodebert |
Opgevolg deur | Herbert II van Vermandois |
Persoonlike besonderhede | |
Kind(ers) | Beatrix van Vermandois Herbert II van Vermandois |
Herbert was die seun van Pepyn van Vermandois en 'n agterkleinseun van Pepyn van Italië, seun van Karel die Grote, en 'n moontlike matrilineêre afstammeling van die Nibelungids. Sy vroeë lewe is onbekend. Herbert het voor 889 graaf van Soissons geword en is waarskynlik daarmee vertrou om die Oise-rivier teen Wiking-indringers te verdedig. Hy was 'n tydgenoot van Boudewyn II van Vlaandere en het die voordeel gehad dat hy 'n Karolingiër was (Hy was die agterkleinseun van Pepyn van Italië, wat die seun was van Karel die Grote). Herbert het beide St. Quentin en Péronne beheer, en sy berugte aktiwiteite in die boloop van die riviervallei van die Sommerivier, soos byvoorbeeld die vangs en moord (eerder dan 'n losprys) van sy broer Raoul in 896, kon daartoe bygedra het dat Boudewyn II hom in 907 laat vermoor het.
Herbert I het 'n huweliksalliansie met Robert van Boergondië aangegaan. Hiervolgens sou sy dogter, Beatrix van Vermandois, Robert se tweede vrou word. As deel van hierdie pakt het Herbert ook daartoe ingestem dat sy seun, Herbert II van Vermandois, met Adelheid, Robert se dogter by sy eerste vrou, trou. 'n Ander dogter, Cunegonda, is getroud met Odo van Wetterau.
Moontlik by 'n sekere Berta:
Voorouers van Herbert I van Vermandois (850-907) | |||||
---|---|---|---|---|---|
Oorgrootouers | Pepyn van Italië (777-810) ∞ ? (-) | ? (-) ∞ ? (-) | ? (-) ∞ ? (-) | ? (-) ∞ ? (-) | |
Grootouers | Bernhard van Italië (797-818) ∞ Kunigonde van Laon. (-) | Theoderic van die Vexin (-) ∞ ? (-) | |||
Ouers | Pepyn van Vermandois (818-850) ∞ ? (-) |
Voorafgegaan deur Pepyn III, Graaf van Vermandois | Graaf van Vermandois 892-907 | Opgevolg deur Herbert II, Graaf van Vermandois |
Voorafgegaan deur Theodebert, Graaf van Meaux | Graaf van Meaux 896–907 | |
Voorafgegaan deur posisie vasgestel | Graaf van Soissons 889–907 | |
Voorafgegaan deur Pepyn II, Graaf van Senlis | Graaf van Valois 893–895 | Opgevolg deur Ralph I van Ostrevent |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Herbert I van Vermandois, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.