Helgaard Steyn-Toekenning

Die Helgaard Steyn-toekenning, ook bekend as die Helgaard Steyn-prys is ’n toekenning wat aan kunstenaars van woord, beeld en musiek gemaak word en is die grootste private prys vir kunste in Suid-Afrika.

Die toekenning word deur die Helgaard Steyn Trust gemaak.

Die Helgaard Steyn Trust

Die Helgaard Steyn Trust het tot stand gekom uit die boe­del van dr Jan Steyn, in lewe LV vir Potchefstroom en direk­teur van maat­skap­pye in die Rembrandt Groep. Die Trust is ver­noem na sy vader, ’n voor­ma­lige LPR van Bloemfontein en jonger broer van die laaste re­pu­bli­keinse president van die Oranje-Vrystaat, M.T. Steyn.

Die Trust het ten doel die bevordering van die Kunste en die bewaring van Vrystaatse plaaseiendomme. Die helfte van die opbrengs uit die huurgeld van die Trust se plase word jaarliks aangewend vir die Helgaard Steyn Toekenning ter bevordering van Die kunste. Die toekenning word vierjaarliks om die beurt aan die beste komponis, kunsskilder, Afrikaanse skrywer en beeldhouer toegeken.

’n Beoordelaarspaneel van drie persone met een beoordelaar elk wat deur die Universiteit van die Vrystaat en die Noordwes-Universiteit aangewys word en die derde deur die twee aangewese beoordelaars, word versoek om ’n wenner vir die betrokke jaar se prys aan te wys. Die beoordelaars maak die toekenning aan enige Suid-Afrikaans-gebore kunstenaar wat in die vier jaar voor die toekenning ’n kunswerk gelewer het wat die mees verdienstelike werk in die betrokke dissipline is en wat publiek toeganklik bewaar word.

Toekennings

Skilderkuns

  • 1987 – Pippa Skotnes vir Lament (1985)
  • 1991 – Nel Erasmus vir Jazz Baby Spent Autumn
  • 1995 – Robert Hodgins vir South African Summer, all this is so and yet (1992)
  • 2003 – Cyril Coetzee vir T’kama - Adamastor
  • 2007 – Bronwyn Findlay vir All about everything (2006)
  • 2011 – Pauline Gutter vir Silenced I

Letterkunde

Beeldhoukuns

  • 1989 – David Brown vir Voyage II
  • 1993 – Jackson Hlungwani vir Tiger Fish II, Adam and the birth of Eve, Large Cruciffix, God and Christ, Michael Star en Altar of God
  • 1997 – Gert Swart vir Grace (1996)
  • 2001 – Willem Boshoff vir Blind Alphabet ABC
  • 2005 – Jan van der Merwe vir Showcase (2003)
  • 2009 – Adrita Wentzel vir Aspects of the dark other
  • 2013 – Wim Botha vir Blastwave (2010)
  • 2017 – Angus Taylor vir Dionysus (2017)

Komponis

  • 1990 – Roelof Temmingh vir Drie Sonette
  • 1994 – Peter Klatzow vir From the Poets
  • 1998 – Stefans Grové vir Afrika Hymes II
  • 2002 – Roelof Temmingh vir Kantate wenn wir hochsten noten sein
  • 2006 – Roelof Temmingh vir Kantorium
  • 2010 – Hans Huyssen vir Proteus Variations (2006)

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Helgaard Steyn-Toekenning Die Helgaard Steyn TrustHelgaard Steyn-Toekenning ToekenningsHelgaard Steyn-Toekenning Eksterne skakelsHelgaard Steyn-Toekenning VerwysingsHelgaard Steyn-Toekenning

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BysteekRosa ParksWeervoorspellingKrampIslamGesondheidNatriumtiosulfaatHibernasieVratEnsiklopedieSjimpanseeBloukraanvoëlLetsiteleVraag en aanbodBruce FordyceLenteRobbeneilandVolstruisWaterbesoedelingSkaakStadAB de VilliersMeervoudKaapse VlakteJo BlackBeeldspraakKinderregteHeidelberg, GautengKasteel die Goeie HoopGordelroosGedigLionel MessiVleilandVisMickey MuisDokterInsekBalletOlimpiese Somerspele 2024BosvarkVlieënde HollanderNic de JagerOorkruipersBiodiversiteitLieweheersbesieEiffeltoringDistrik SesKrieketDundermHage GeingobGasMigrasie van voëlsBruin menseSuikersiekteAnale kankerXhosaTermietAborsieBorskankerMorfologie (taalkunde)HomofoonSaartjie BaartmanUniondaleMynbouSlag van BloedrivierKernkragNatuurrampIngrid JonkerVerkoueMorfeemSkerpioenKlereReënSeptimius AwardsTswanaJavaScript🡆 More