Peter Klatzow: Suid-Afrikaanse komponis en pianis

Peter James Leonard Klatzow, (14 Julie 1945 te Springs, Gauteng - 29 Desember 2021, Kaapstad) was 'n Suid-Afrikaanse komponis en pianis.

Hy het reeds op 4-jarige ouderdom begin klavier speel en van 1951 tot 1957 klavieronderrig by Lilly Shapiro ontvang en tot in 1962 by Julienne Brown en Aida Lovell. Gedurende 1963 het hy Afrikaans en musiek in Swaziland gedoseer. Nadat hy 'n SAMRO-studiebeurs ontvang het, het hy in 1964 aan die Royal College of Music in Londen onder Kathleen Long klavier en onder Bernard Stevens komposisie begin studeer.

Peter Klatzow
GeboortenaamPeter James Leonard Klatzow
Gebore(1945-07-14)14 Julie 1945
Springs, Transvaal
Sterf29 Desember 2021 (op 76)
Kaapstad
Beroep(e)Komponis
InstrumenteKlavier

Hy het ook orkestrasie bestudeer. In 1965 het Klatzow die Royal Philharmonic-prys vir Statebondskomponiste onder die ouderdom van 30 verower, asook die Ascherberg, Hopwood & Crewe-prys en die Octavia-reisbeurs. In 1966 het hy by die gevierde Nadia Boulanger aan die Cite Internationale des Arts in Parys gestudeer. Na sy terugkeer na Suidelike Afrika het hy dosent in klavier, harmonie en komposisie aan die destydse Rhodesiese Musiekkollege in Harare (toe Salisbury) geword.

Hy was ook twee jaar lank dirigent van Harare se stadsorkes en het 'n televisiereeks aangebied. In 1968 is hy aangestel as musiekregisseur by die radiodiens van die SAUK en na 'n studiejaar in 1972 in Engeland het hy in 1973 lektor in komposisie aan die Suid-Afrikaanse Musiekkollege van die Universiteit van Kaapstad geword. Klatzow is 'n produktiewe komponis en het veral 'n groot hoeveelheid kamermusiek gekomponeer. Sy Contours and Transformations (1977) vir kitaar, fluit, klarinet, harp, slagwerk en elektroniese orrel het in 1977 'n prys van die Toronto-kitaarvereniging in samewerking met die Internasionale Kitaarfees gewen.

In dieselfde jaar het hy die eerste prys verower in die Stroud-fees se internasionale komponistewedstryd vir sy Trio vir horing, viool en klavier. Hy het 'n aantal Engelse gedigte en Shakespeare-tekste sowel as Afrikaanse gedigte getoonset, onder andere Die dans van die reën (vir koor en orkes; 1963) en Tyd van verhuising (vir sopraan, fluit en kitaar; 1977) van onderskeidelik Eugène Marais en Ernst van Heerden. Onder sy orkeswerke tel 'n horingkonsert, die ballet Die drie diere (1978), en die Phoenix-simfonie (1972), opgedra aan Edgar Cree.

Bron

Tags:

14 Julie1945202129 DesemberGautengKaapstadKomponisLondenPianisSpringsSwaziland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SkaapKoperLuiperdPeter SnydersOrale seksGesondheidInfeksieJan-Willem BreurePolisieOogproblemeSekondêre sektor van die ekonomieTekstielVerkoueElektroniese of digitale mediaBoelieryKameelperdPenisLarry PageSomerBernice WestDemografie van Suid-AfrikaSirkusSkildklierOraniaHernubare energieVaste stofKangaroeAborsieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeLewerRassisme in AfrikaKolonialismeHokkieNeurenberg-verhoreOnderhoudInligtingLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaAgtervoegselMisdaadLys van politieke partye in Suid-AfrikaLeestekenLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)NiersteenHomoniemSikloonSlag van BloedrivierMobutu Sese SekoToerismePlastiekStaalOnderwysAfrikaanse woordelys en spelreëlsVierkantswortelGeelsugVoornaamwoordMynbedryf van Suid-AfrikaAdolf HitlerPuberteitVeeartsAardverwarmingDesmond TutuKewerDroogteNasiebouSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureGeboorteWes-KaapVigsMartin Luther King jr.Anneli van RooyenLys van Afrikaanse televisiereekseTeam Fortress 2Nazi-DuitslandLys van Afrikaanse skrywersDuitse masels🡆 More