Hamburger Sv: Sokkerspan van Duitsland

Hamburger SV (HSV) is 'n Duitse sportklub uit die stad Hamburg, veral bekend vir sy sokkerafdeling.

Hamburger SV
Wiki Afrikaanslogo
Volledige naam Hamburger Sport-Verein e.V.
Bynaam
Opgerig 29 September 1887
Stadion Volksparkstadion (tussentyds bekend
as die Imtech Arena),
Hamburg
Kapasiteit 57 000
Voorsitter Bernd Hoffmann
Afrigter Christian Titz
Kompetisie Bundesliga

Behalwe sokker, het die klub onder meer afdelings vir yshokkie, tafeltennis, krieket, pluimbal, bofbal, basketbal, rolbal, gholf, gimnastiek, handbal, hokkie, karate, atletiek, rugby, swem, tennis en vlugbal. Die sokkerafdeling het reeds sedert 1919 onafgebroke op die hoogste vlak van die Duitse sokkerstruktuur gespeel.

Die klub se geskiedenis begin op 29 September 1887, toe Der Hohenfelder Sportclub en Wandsbek-Marienthaler Sportclub saamgesmelt het om Sports Club Germania te vorm. Hierdie klub het in 1919 met Hamburg FC (gestig in 1888) en FC Falke (gestig in 1906) saamgesmelt om die huidige Hamburger Sport-Verein te vorm, nadat al drie klubs deur die Eerste Wêreldoorlog verswak gelaat is. Die klubkleure was rooi en wit ter ere van die stad Hamburg, terwyl die blou en swart van die oudste van die stigtersklubs, SC Germania, as die spanwapen in gebruik geneem is.

Die "nuwe" klub was vroeg suksesvol toe die eindstryd om die nasionale titel in 1922 gehaal is teen 1. FC Neurenberg, wat in sy derde agtereenvolgende eindstryd gespeel het. Die wedstryd is as gevolg van swak lig na 3 uur en 10 minute afgelas met die telling 2-2. Die herontmoeting is na 'n lang tydperk van ekstra tyd (met die telling 1-1) ook afgelas nadat Neurenberg slegs 7 spelers oorgehad het (geen reserwes is destyds toegelaat nie). Die besluit van die skeidsregter het tot groot omstredenheid gelei: Die DFB het die titel aan Hamburger SV toegeken, maar 'n beroep op hulle gedoen om in die naam van 'n goeie sportmangees nie die titel te aanvaar nie - waartoe hulle teësinnig ingestem het. Die Viktoriatrofee is op die ou end nie in 1922 toegeken nie. Die klub het die "amptelike" titel die volgende seisoen die eerste keer gewen deur 3:0 met SC Union Oberschöneweide in die eindstryd af te reken.

Tydens die Derde Ryk is die klub in die Gauliga Nordmark ingedeel en na die Tweede Wêreldoorlog in die Oberliga Noord. Hamburger SV was tot 2018 die enigste klub wat sedert die oprigting (in 1963) onafgebroke in die Bundesliga gespeel het. Die 17de plek aan die einde van die 2017/18-seisoen het die eerste relegasie tot gevolg gehad.

Erelys

Duitse sokkerkampioen (7)

    1921/1922, 1922/1923, 1927/1928, 1959/1960, 1978/1979, 1981/1982, 1982/1983

DFB-Pokal (3)

Ligapokal (2)

Europese beker I (1)

Europese beker II (1)

Intertoto-beker (1)

Onlangse ligaposisionering

  • 1963-64(I)Bundesliga6de
  • 1964-65(I)Bundesliga11de
  • 1965-66(I)Bundesliga9de
  • 1966-67(I)Bundesliga14de
  • 1967-68(I)Bundesliga13de
  • 1968-69(I)Bundesliga6de
  • 1969-70(I)Bundesliga6de
  • 1970-71(I)Bundesliga5de
  • 1971-72(I)Bundesliga10de
  • 1972-73(I)Bundesliga14de
  • 1973-74(I)Bundesliga12de
  • 1974-75(I)Bundesliga4de
  • 1975-76(I)Bundesliga2de
  • 1976-77(I)Bundesliga6de
  • 1977-78(I)Bundesliga10de
  • 1978-79(I)Bundesliga1ste
    - Duitse kampioen
  • 1979-80(I)Bundesliga2de
  • 1980-81(I)Bundesliga2de
  • 1981-82(I)Bundesliga1ste
    - Duitse kampioen
  • 1982-83(I)Bundesliga1ste
    - Duitse kampioen
  • 1983-84(I)Bundesliga2de
  • 1984-85(I)Bundesliga5de
  • 1985-86(I)Bundesliga7de
  • 1986-87(I)Bundesliga2de
  • 1987-88(I)Bundesliga6de
  • 1988-89(I)Bundesliga4de
  • 1989-90(I)Bundesliga11de
  • 1990-91(I)Bundesliga5de
  • 1991-92(I)Bundesliga12de
  • 1992-93(I)Bundesliga11de
  • 1993-94(I)Bundesliga12de
  • 1994-95(I)Bundesliga13de
  • 1995-96(I)Bundesliga5de
  • 1996-97(I)Bundesliga13de
  • 1997-98(I)Bundesliga9de
  • 1998-99(I)Bundesliga7de
  • 1999-00(I)Bundesliga3de
  • 2000-01(I)Bundesliga13de
  • 2001-02(I)Bundesliga11de
  • 2002-03 (I)Bundesliga4de
  • 2003-04(I)Bundesliga8ste
  • 2004-05 (I)Bundesliga8ste
  • 2005-06 (I)Bundesliga3de
  • 2006-07 (I)Bundesliga7de
  • 2007-08 (I)Bundesliga4de
  • 2008-09 (I)Bundesliga5de
  • 2009-10 (I)Bundesliga7de
  • 2010-11 (I)Bundesliga8ste
  • 2011-12 (I)Bundesliga15de
  • 2012-13 (I)Bundesliga7de
  • 2013-14 (I)Bundesliga16de
  • 2014-15 (I)Bundesliga16de
  • 2015-16 (I)Bundesliga10de
  • 2016-17 (I)Bundesliga14de
  • 2017-18 (I)Bundesliga17de
  • 2018-19(II)2. Bundesliga

Eksterne skakels


Bundesliga 2018/19-seisoen Hamburger Sv: Sokkerspan van Duitsland 

TSG 1899 Hoffenheim - FC Augsburg - Bayer 04 Leverkusen - FC Bayern München - BV Borussia Dortmund - RB Leipzig - Eintracht Frankfurt - Hannover 96 - SC Freiburg - Hertha BSC - Fortuna Düsseldorf - FSV Mainz 05 - VfL Borussia Mönchengladbach - 1. FC Neurenberg - FC Schalke 04 - VfB Stuttgart - SV Werder Bremen - VfL Wolfsburg

Tags:

1919AtletiekBasketbalBofbalDuitslandGholfGimnastiekHamburgHandbalHokkieKarateKrieketPluimbalRolbalRugbySokkerSportSwemTafeltennisTennisVlugbalYshokkie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kunsmatige intelligensieKnysnaApostoliese GeloofsbelydenisMenseregteGewasboerdery in Suid-AfrikaOntwikkelende landKondensasieHoofletterWaterbesparing in Suid-AfrikaFossielbrandstofCleopatra VIIWhatsAppKilometerHoenderHutsmerkMadison IvyLionel MessiItaliëHeupvervangingSomerSuid-Afrikaanse GrensoorlogEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaMaatskaplike verantwoordelikheidBlack SashWet op Bantoe-onderwysKarakteriseringVleilandInternet van DingeAspoestertjieKolonoskopieEerste WêreldoorlogAkroniemRenosterOrtopedieDoelwitGregoriaanse kalenderGholfSinoniemVisToerismeMarkus JoosteAardeKontinentMielieMenslike penisgrootteMiddeloorontstekingAfvalbestuurMobutu Sese SekoWoordsoortTafelbergKameelperdVersoeningsdagOopbroninhoudGianna MichaelsSwitserlandBernice WestKewerPinksterLeeuIntensiewe vormEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaRooibloedselWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaBrandmondsindroomGeestesteuringOlimpiese Somerspele 2024InfeksieSelfstandige naamwoordg8ftoEpilepsieSkooluniformCarike KeuzenkampWortelkanaalRolprentMiskruierBorsteL🡆 More