1. Fc Neurenberg

1.

FC Neurenberg is 'n sportklub in Neurenberg in die deelstaat Beiere in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Die klub bestaan sedert 1995 uit 'n konfederasie van sportsoorte (elke afdeling is eintlik 'n onafhanklike klub in eie reg) en bied ook onder meer boks, handbal, skaak, hokkie, swem, ski en tennis aan. Die dameshandbalspan het reeds 12 keer die Duitse titel gewen en een keer die Europese uitklopbeker.

FC Nürnberg
Wiki Afrikaanslogo
Volle naam 1.Fußball-Club Nürnberg
Verein für Leibesübungen e.V.
Bynaam/me Der Club
Stigting 4 Mei 1900
Tuisveld Max-Morlock-Stadion,
Neurenberg
Kapasiteit 50 000
Voorsitter Dieter Hecking
Niels Rossow
Bestuurder Robert Klauß
Liga 2. Bundesliga
2021/22 8. posisie (2. Bundesliga)
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure
1. Fc Neurenberg
Max-Morlock-Stadion, Neurenberg

Die klub is op 4 Mei 1900 gestig as 'n rugbyklub, maar teen Junie 1901 het die lede besluit om eerder oor te skakel na sokker. Die klub se goue jare was die tydperk na die Eerste Wêreldoorlog tot 1927. Tussen Julie 1918 en Februarie 1922 was die klub onoorwonne in 104 amptelike wedstryde en die klub se bynaam, "Der Club", was reeds in 1919 landwyd gevestig.

Neurenberg het sy eerste nasionale titel in 1920 gewen (die eerste nasionale kompetisie na die Eerste Wêreldoorlog) deur SpVgg Fürth, die verdedigende kampioen, in die eindstryd met 2-0 te verslaan. Die klub het toevallig ook die eerste titel na die Tweede Wêreldoorlog in 1948 gewen. Dit was die eerste van 5 titels binne 8 jaar.

Tydens die Derde Ryk het die klub in die Gauliga Beiere meegeding en in 1935 het die klub die eerste Duitse uitklopbeker-kampioen geword (op daardie stadium was die kompetisie bekend as die von Tschammer und Osten Pokal) deur FC Schalke 04 met 2-0 voor 55 000 toeskouers in die eindstryd in Düsseldorf te verslaan.

Die klub was een van die spanne wat in 1963 deelgeneem het aan die eerste seisoen van die Bundesliga en het in 1968 die liga gewen (die laaste keer wat die klub nasionale kampioen was). Neurenberg is aan die einde van die volgende seisoen (1969) gerelegeer, die enigste verdedigende kampioen aan wie hierdie twyfelagtige eer te beurt geval het.

Die klub speel sy tuiswedstryde in die Max-Morlock-Stadion, vroeër bekend as die Frankenstadion. Tussen 1933 en 1945 was die stadion bekend as die Stadion der Hitler-Jugend.

Erelys

Onlangse ligaposisionering

  • 1963-64(I)Bundesliga9de
  • 1964-65(I)Bundesliga6de
  • 1965-66(I)Bundesliga6de
  • 1966-67(I)Bundesliga10de
  • 1967-68(I)Bundesliga1ste
    - Kampioene
  • 1968-69(I)Bundesliga17de
  • 1969-70(II)Regionalliga Suid3de
  • 1970-71(II)Regionalliga Suid1ste
  • 1971-72(II)Regionalliga Suid9de
  • 1972-73(II)Regionalliga Suid5de
  • 1973-74(II)Regionalliga Suid2de
  • 1974-75(II)2.Bundesliga Suid6de
  • 1975-76(II)2.Bundesliga Suid2de
  • 1976-77(II)2.Bundesliga Suid5de
  • 1977-78(II)2.Bundesliga Suid2de
  • 1978-79(I)Bundesliga17de
  • 1979-80(II)2.Bundesliga Suid1ste
  • 1980-81(I)Bundesliga14de
  • 1981-82(I)Bundesliga13de
  • 1982-83(I)Bundesliga14de
  • 1983-84(I)Bundesliga18de
  • 1984-85(II)2.Bundesliga1ste
  • 1985-86(I)Bundesliga12de
  • 1986-87(I)Bundesliga9de
  • 1987-88(I)Bundesliga5de
  • 1988-89(I)Bundesliga14de
  • 1989-90(I)Bundesliga8ste
  • 1990-91(I)Bundesliga15de
  • 1991-92(I)Bundesliga7de
  • 1992-93(I)Bundesliga13de
  • 1993-94(I)Bundesliga16de
  • 1994-95(II)2.Bundesliga15de
  • 1995-96(II)2.Bundesliga17de
  • 1996-97(III)Regionaliga Suid1ste
  • 1997-98(II)2.Bundesliga3de
  • 1998-99(I)Bundesliga16de
  • 1999-00(II)2.Bundesliga4de
  • 2000-01(II)2.Bundesliga1ste
  • 2001-02(I)Bundesliga15de
  • 2002-03(I)Bundesliga17de
  • 2003-04 (II)2.Bundesliga1ste
  • 2004-05(I)Bundesliga14de
  • 2005-06(I)Bundesliga8ste
  • 2006-07(I)Bundesliga 6de
  • 2007-08(I)Bundesliga 16de
  • 2008-09(II)2.Bundesliga3de
  • 2009-10(I)Bundesliga 16de
  • 2010-11(I)Bundesliga 6de
  • 2011-12(I)Bundesliga 10de
  • 2012-13(I)Bundesliga 10de
  • 2013-14(I)Bundesliga 17de
  • 2014-15(II)2.Bundesliga9de
  • 2015-16(II)2.Bundesliga3de
  • 2016-17(II)2.Bundesliga12de
  • 2017-18(II)2.Bundesliga2de
  • 2018-19(I)Bundesliga 18de
  • 2019-20(II)2.Bundesliga16de

Eksterne skakels

Tags:

BeiereBoksDeelstate van DuitslandDuitslandEuropaHandbalHokkieSkaakSkiSokkerSportSwemTennis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MiskruierKonjunktivitisBeesvleisEskomBloemfonteinEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaOntwerpErfenishulpbronHeelgetalWilna SnymanHaasTropiese sikloonProksemikaTegnologieChromatografieMenstruasieTennisGasDonderstormBreinSuid-Afrikaanse GrensoorlogCristiano RonaldoAardedagLieweheersbesieEnkelvoudige sinKrugerwildtuinHerfsHondRoemeens16 NovemberInternetSirkusEnsiklopedieEjakulasieInstagram3D-rolprentBewussynEiffeltoringEksponentGriekwa-AfrikaansJakobAgtervoegselKlimaatveranderingDemokrasieHolocaustLeierSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994TemperatuurJakkalsGeweldNamibiëEkonomieErfenisdag (Suid-Afrika)InligtingSuid-SothoJSEHartversakingBurgerregteGevolge van aardverwarming op oseaneBorskankerMeeueGrondwetOnderwysPesachFinansiële staatGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaSwawelSowjetunieRooipandaGroot TrekMisdaadromanJoodse kalender🡆 More