Gustav Ii Adolf

Gustav II Adolf (* 9 Desember 1594 in Stockholm, † 6 November 1632 naby Lützen, Duitsland), het tussen 1611 en 1632 as koning van Swede geregeer.

Hy word as die stigter van die Sweedse Ryk beskou wat tydens die sogenaamde Stormaktstiden of Goue Tydperk, danksy sy politieke vernuf en militêre bekwaamheid, tot 'n Europese groot moondheid ontwikkel het.

Gustav Ii Adolf

Gustav II Adolf

Koning van Swede


Handtekening
Gustav Ii Adolf


Monogram

Gustav Ii Adolf

Dinastie

Gustav Ii Adolf

Huis Wasa


Regeer

30 Oktober 1611 - 6 November 1632


Voorganger

Karel IX


Opvolger

Kristina


Eggenote

Maria Eleonora van Brandenburg

Gustav Ii Adolf
Gustav II Adolf se sarkofaag in die Riddarholmen-kerk te Stockholm

Hy het van Swede die voorste militêre mag in Europa tydens die Dertigjarige Oorlog gemaak; en sodoende 'n beslissende invloed op die balansering van die politieke en godsdienstige ewewig op die vasteland uitgeoefen. Hy word steeds as een van die grootste militêre bevelvoerders ooit beskou en lewer 'n bydrae tot die ontwikkeling van militêre strategie. Hy het sy belangrikste oorwinning in die Slag by Breitenfeld in 1631 behaal.

Danksy sy blink oorlogsmasjinerie met gesofistikeerde wapentuig, die uitstekende militêre opleiding van sy soldate en doeltreffende veldartillerie, wat deur 'n hoogs bekwame regering in sy tuisland en die stiptelike betaling van fakture gerugsteun is, was Gustav II Adolf een van Europa se beduidendste heersers.

Met sy ontydige afsterwe in die Slag by Lützen het sy regentskap tot 'n skielike einde gekom. Axel Oxenstierna (1583-1654), sy bekwame rykskanselier, het hom as politieke leier van Swede opgevolg. Hertog Bernhard von Sachsen-Weimar en Gustaf Karlsson Horn, graaf van Björneborg, het verder as opperbevelhebbers van die Sweedse magte gefungeer.

Tags:

1594161116326 November9 DesemberDuitslandEuropaGroot moondheidStockholmSwede

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AsiëSeeTrappe van vergelykingLeierMonumentLys van hoofstedeWebjoernaalGeslagSwart menseKolonoskopieVlag van Suid-AfrikaGoogleSkildvulkaanKweekhuisgasKewerKoedoeRymDiarreeKlimaatsverandering in Suid-AfrikaPlastiekGezina, PretoriaHuisvliegDiepaartromboseNag van die lang messePoësie1 MeiMateriaalNamibiese volksmoord 1904-1908KleurVisFinale OplossingMoedersdagRichard GaddMensBasisinkomsteHindoeïsmeDermpoliepGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaPlaattektoniekGrondSteenkoolHip-hop-musiekSuurRangtelwoordGeraasbesoedelingPad na jou hartMiskruierWynand du ToitDoopGIFParysPrimêre sektor van die ekonomieBeeldspraakAngina pectorisVerenigde KoninkrykPornhubSeksposisieGriepSuid-Afrikaanse referendum van 1992SoogdierMiddeloorontstekingMuishondStudievaardighedeCarike KeuzenkampBloedHipoteseGreen PornoMIVKinkhoesAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeErica BoyerEkonomieWorsie VisserEllipstekenNelson Mandela🡆 More