Istanboel Groot Basaar

Die Groot Basaar (Turks: Kapalıçarşı, onderdak-basaar) in Istanboel, Turkye, is een van die grootste en oudste onderdak-markte in die wêreld.

Dit het 58 onderdak-strate en meer as 1 200 winkels wat daagliks tussen 250 000 en 400 000 besoekers lok. Dit is in 1461 geopen en is bekend vir sy juweliers-, pottebakkers-, spesery- en tapytwinkels. Baie van die stalletjies is gegroepeer volgens soort, met spesiale dele vir bv. leerbaadjies, goue juweliersware, ens.

Istanboel Groot Basaar
'n Lampstalletjie in die Groot Basaar.
Istanboel Groot Basaar
Een van die 58 onderdak-strate van die Groot Basaar.

Die aanvanklike basaar is tussen 1455 en 1461 gebou op las van sultan Mehmet die Veroweraar. In die 16de eeu, tydens die bewind van sultan Süleyman die Manjifieke, is dit baie uitgebrei en in 1894 het dit groot restourasiewerk ondergaan ná ’n aardbewing.

Die basaar het vier hoofhekke aan die eindpunte van die twee grootste strate wat naby die suidwestelike hoek van die basaar kruis. Een straat verbind die Bajezid II-moskee en -plein met die Nuruosmaniye-moskee.

Verwysings

Eksterne skakels

28°58′05″O / 41.01056°N 28.96806°O / 41.01056; 28.96806

Tags:

IstanboelTurksTurkye

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kragonderbreking van 2003 in Noordoos-AmerikaMeervoudPous Gregorius XVIJulius MalemaEstlandKankerTuisblad1991LeeuMichail BoelgakofTale in Suid-AfrikaRussiese Rewolusie (1917)Nierversaking2013 Aboe Dhabi Grand PrixPiet BothaKabeljouRaymond KurzweilCorlia FourieGetalLabia (geslagsdele)Pous LinusHemelvaartsdagJesus van NasaretOopbroninhoudVulvaWhitey BassonSuid-AfrikaanseNiccolò MachiavelliSint-LaurensrivierVerenigde Koninkryk18de eeuGenitale vratAfrikaanse gesegdes uit die MiddeleeueKoringBynierLianie MayBernice WestThabo MbekiLi KeqiangRefentse MorakeTaalwetenskappeDuitse WikipediaAlbaniëGeskiedenis van erotiese afbeeldingsEkostreekPoliteïsmeKoos du PlessisPesachOeigoereNew YorkVaginaNoorweëEnsiklopedieSuid-Afrikaanse PolisiediensHannes van WykAstanaAndré P. BrinkSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Elim, LimpopoLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)SaldoCecilia Payne-GaposchkinLys van politieke partye in Suid-AfrikaSerebrospinale vogMaanEvolusiePous Leo XSportHindoeïsmeSias ReineckeEkonomie van Suid-AfrikaBelastingGuillain-Barré-sindroomTrappe van vergelykingOorkruipersVoortrekkermonumentTropiese sikloon🡆 More