Grasuil

Die Grasuil (Tyto capensis) word in Suid-Afrika as kwesbaar beskou, met net tussen 1000 en 5000 oorblywende voëls in die land.

Die spesie is in die suid-westelike dele van Suid-Afrika en in Lesotho uitgewis en die gesamentlike druk vanaf ontwikkeling; wanbestuur van vuur; landbou; oorbeweiding; bosbou en padsterftes lewer ernstige kommer oor die spesie se voortbestaan. Die IUCN se Red List of Threatened Species se 2004-bepaling beskou die voël egter as nie-bedreigd ("least concern").

Grasuil
Grasuil
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
T. capensis
Binomiale naam
Tyto capensis
(Smith, 1834)

Grasuile verskil uiterlik van die nonnetjie-uil in dat hulle groter is, met sterker kontras tussen die bo- en onderlyf. Die bolyf is donker bruin en die onderdele is witterig. Die gesig is ook ronder as dié van die nonnetjie-uil.

Grasuil
'n Grasuilkuiken.

Die spesie benodig digte plantegroei soos die lang gras wat op die hoëveld voorkom, gewoonlike naby vleie. Hier sal die uil op die grond skuil en nesmaak, en vorm tonnels in die gras. Dit sal huiwerig opvlieg as dit versteur word, en sak dan gou weer terug in die gras in. Grasuile is meestal naglewend, en kom kort ná sonsondergang uit.

Hul dieet bestaan hoofsaaklik uit knaagdiere, veral die vleirot, maar ook voëls, reptiele, paddas en insekte.

Sien ook

Verwysings

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SokkerSimmetrieWetenskaplike klassifikasieSean Combs633Orale seksBrandbergAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidTienerDansAdolf HitlerAfleiding (taalkunde)YouTubeSelfmoordArendArmoedeMaagOlimpiese Somerspele 2012HeupvervangingEkonomiese sektorIronieSimboolBeesGroot DepressieAustraliëHector PietersonNoord-Sotho (taal)ChristendomErosietipesC.J. LangenhovenXhosaIndustriële RevolusieVioolSarel Jacob PretoriusKultuurSwart menseViëtnamoorlogDaggaBorsKarakteriseringEkonomieKriekHernubare energieSamestellingMateriaalWater (molekuul)EweknienetwerkVloeistofOudtshoornKonsentrasiekampBreinvliesontstekingGasJakobSosiale mediaHerpes simplexEthiopiëUitwerking van klimaatsveranderingLys van slangeHoofstadKondensasieVoedselkettingSuid-AfrikaVars waterCarike KeuzenkampHidroëlektrisiteitNaaldekokerTweede VryheidsoorlogRugbywêreldbeker 2023VersoeningsdagBek-en-klouseerHaasSeisoenSlangVolstruisVoortrekkers🡆 More