Goudstadse Onderwyskollege

Die Goudstadse Onderwyskollege (GOK) was ’n instelling in Johannesburg waaraan onderwysers van 1961 tot einde 1992 deur medium Afrikaans opgelei is.

Die lang veldtog vir 'n Afrikaanse onderwyskollege of universiteit in Suid-Afrika se grootste stad is in drie fases gevoer. Die eerste, tussen 1956 en 1961, het sy hoogtepunt bereik met die stigting van die GOK in Februarie 1961. Gedurende die tweede fase, tussen 1961 en 1965, is onderhandelings gevoer met die Universiteit van Suid-Afrika. Die finale veldtog, in 1965 en 1966, was gerig op die verkryging van 'n eie, onafhanklike Afrikaansmediumuniversiteit.

Die Goudstadse Onderwyskollege het met sowat 110 voltydse en 40 deeltydse studente begin in ’n skoolgeboutjie op die klipkoppies van die voorstad Cottesloe en uitgebrei tot ’n groot kollege met ’n manskoshuis, Majuba, en twee vrouekoshuise, Panorama en Horison. In dié omgewing het later ook die Randse Afrikaanse Universiteit tot stand gekom en is die SAUK se hoofkantoor opgerig.

Bekende kunstenaars het aan die GOK studeer, onder andere Rouel Beukes, Sonja Herholdt en Hennie Smit. Die kollege het op 31 Desember 1992 gesluit.

Bronne

Tags:

AfrikaansJohannesburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WaterstofOntwikkelende landMoslemSlawerny in Suid-AfrikaVennootskapLongontstekingGrondwetMiljardBateAustraliëMeningsverskil oor aardverwarmingWeervoorspellingGeskiedenis (vakgebied)TekstielSonWiskundige terminologieNeurenberg-verhoreIsraelGeskiedenis van kindermishandelingChemiese elementKolonoskopie20ste eeuKarakteriseringKatBeurtkragPolisieBysteekHoofkarakterEtniese groepNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaOrthopteraMuskietKatoenGeelsugJaco JacobsBergRuan PienaarKunselementeSportBosluisbytkoorsSamestellingMandalaLatynKoedoeWaterkringloopAntieke EgipteKlankverskynselsKwaZuluFietsWinterDundermLenteWet op Afsonderlike GerieweIndonesiëPornhubJeugdagAppelYslandWillie JoubertDierLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameLys van medisinale kruieBybelBraaiVlag van Suid-AfrikaSeksismeSamestellende afleidingMuscat Internasionale LughaweWitstinkhoutAfkappingstekenGevolge van aardverwarming op oseanePaddaAs jy singRugbyJeuksiekteLoonBoeddhismeWalvis🡆 More