Golem Rache

Golem Rache (letterlik: Golemwraak) is 'n Gotiese kortverhaal geskryf deur Martin Barkawitz.

Golem Rache
SkrywerMartin Barkawitz
TaalDuits
OnderwerpGotiese kortverhaal
GenreFiksie
UitgewerBookRix
Uitgegee10 Desember 2015
Mediume-boek
Bladsye25
ISBN978-3-7396-2725-0

Karakters

  • Doktor Samuel – die protagonis; die ou Joodse veelweter en mistikus, wat net so geleerd is soos 'n rabbi.
  • Graaf Ludwig von Schwarzenberg – die jong adellike wat Doktor Samuel die opdrag gee om Lea te bevry en na hom te bring.
  • Lea Cohen – die beeldskone, ongeskonde Jodin wat iedere jongman begeer.
  • Baron Schacht – die eienaar van Bergvesting Geiergipfel, waarheen Lea weggevoer is.
  • Golem – 'n legendariese mensfiguur geskep uit klei, wat in die lewe geroep word deur 'n rabbi.

Intrige

Hoofstuk 1

Die verhaal begin waar Doktor Samuel 'n visioen kry van die Ossuarium van Sedlec, wat in die omgang bekend staan as die Beenderekerk. Dit is nie te ver van sy Praagse Ghetto nie, maar naby die dorp Kutná Hora. Hy is alleen in die kerk. Doktor Samuel probeer die verband insien wat hy met hierdie kerk het. Voordat hy op hierdie vraag klarigheid kan kry, is daar 'n klop aan die deur. Hy word per brief ontbied na die einste kerk. Deur 'n adellike.

Hoofstuk 2

Doktor Samuel word diep beïndruk deur die kerkie. Die kapel is juis om drie redes as bymekaarkomplek gekies:

1) 'n Gardeoffisier kan nie die Joodse ghetto betree sonder om opgemerk te word nie. 2) Selfs al sou Graaf Ludwig vermom wees, kon hy herken word. 3) Dit sou verdag lyk as 'n Jood by die familiekasteel ontvang word.

Graaf Ludwig gee Doktor Samuel die opdrag om met sy mistieke magte die ontvoerde Lea na hom te bring. Sy het enkele weke tevore spoorloos verdwyn en haar ouers is diep bekommerd. Graaf Ludwig sal die Jood honderd goudmunte vir sy diens betaal. Die hele houding van die graaf staan Doktor Samuel nie aan nie.

Hoofstuk 3

Uit die gesprek in die Beenderekerk weet die wyse Doktor Samuel dat Lea egter nie om dowe neute "gered" word nie. Die jong, bedorwe kapokhaantjie wil net die skone Lea verower om sy eie geslagsdrif mee te temper. Sodra die graaf met haar verveeld raak, sal hy haar net verstoot. Dit kan Doktor Samuel nie toelaat nie. Daarom gee hy sy Golem 'n lys opdragte, voordat die ekspedisie aangepak word.

Hoofstuk 4-5

Lea Cohen word uit die kerker van Geiergipfel bevry deur 'n onsigbare Doktor Samuel. Dit is hul geluk dat Baron Schacht op 'n dringende diplomatiese besoek na Rusland geroep is. Per koets reis Doktor Samuel en Lea na die Beenderekerk van Sedlec.

Hoofstuk 6-7

By die kerk aangekom, lewer Doktor Samuel haar uit aan Graaf Ludwig. Ondank is wêreldsloon: Doktor Samuel word in die kerk met twee skote doodgeskiet. Maar dit was Doktor Samuel dan ook te wagte. En eintlik skeel dit hom nie dat hy vermoor word nie, want 'n bloedmoord soos hierdie pas immers by 'n agterbakse swakkeling soos Graaf Ludwig. Hy sterf met die berustende wete dat Lea nie lank in hierdie mag van Ludwig sou bly nie. Maar dit weet Lea nie, en sy verkeer in 'n geweldige geskokte toestand.

Dan kom die Golem die vertrek binnegestap. Soos in die Joodse oorlewering, staan die Hebreeuse letters ook op sy voorkop geskrywe. Elke skoot wat die graaf op die skepsel afvuur, kan die wese nie stuit nie. Wanneer die groot kleireus voor die graaf te staan kom, ruk hy eers die man se regterarm af, en breek daarna sy nek. Saam vlug Lea en die Golem die kapel uit, nadat sy hom meedeel: "Jou meester is dood, Golem. Ons moet nou saam hier wegkom, anders gaan die mense ons vang. En ons hoef geen genade te wagte te wees nie".

Hoofstuk 8

Doktor Samuel voel geen pyn meer nie; hy is inderdaad dood. Hy kom in sy geestestoestand 'n seraf teë, en vra hom waarom sy lot nou so moes uitdraai dat hy so ver van die grafte van sy vadere tot sterwe moes kom. Hierop antwoord die seraf: "Jy moet jou eie vraag maar self beantwoord. Ons weet dat jy onder die mense as 'n wyse bekend gestaan het. Dink dan nog een maal mooi na. Hierdie plek, die Beenderekerk, is eenmalig. Dit kon nie verhinder word dat jy hier vermoor sou word nie. Tog is jou laaste asemteug nie sonder rede nou juis hier uitgeblaas nie."

Dan snap Samuel: die grafte van sy voorouers was glad nie so ver nie. Een van hierdie kopbene in hierdie gebou moes dié van Raphael Löw wees; een van sy voorvaders. Löw het hom tot die Christendom bekeer en met die Hussiete geveg. Hy het in een van hierdie grusame slagtings omgekom.

Eksterne skakels

Tags:

Golem Rache KaraktersGolem Rache IntrigeGolem Rache Eksterne skakelsGolem Rache

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BeroerteMaanVoorsetselMangelUnited Democratic FrontPirow BekkerMaagsweerSkoolPuntJesus van NasaretRugbyOseanografieKoorsAfrikaansElandréTuisbladKomplementêre kleureSekondêre sektor van die ekonomieAfrikaDrinkwatervoorsieningSirkelPubliekWaarheid-en-versoeningskommissieNag van die lang messeMateriaalMandalaHannes van WykEnsiklopedieGrondsoorteConsolidated B-24 LiberatorAfvalbestuurBesproeiingDurbanSkerpioenKewerHeupVergelykings (taalkunde)KoppeltekenRegverdige handelKoperBruto binnelandse produkLys van veltoestandePropagandaSwitserlandBerilliumBesnydenisKoolhidraatAanhalingstekensGewone breukeBotswanaPersGrondKlimaatveranderingVlekvrye staalGeldE-posDialoog in fiksieMenseregteMagneetDesimale breukeGeweldSwawelSimboolByFabelDelft, KaapstadLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaJohnny RapidGroot GatSwart nasionalismeBloukraanvoëlVleilandHeelgetalPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSelfvertroueSowjetunie🡆 More