François de Belleforest (Samatan, 1530 — 1 Januarie 1583) was 'n Franse skrywer, digter, en vertaler van die Renaissance-era.
Belleforest se belangstellings as skrywer het gewissel tussen kosmografie, moraliteit, letterkunde en geskiedenis. Hy het die eerste Franse pastorale roman gepubliseer in 1571, La Pyrénée (ook bekend as La Pastorale amoureuse). Sy Histoires tragiques (1566–1583) is 'n vertaling en aanpassing van verhale deur die Italianer Matteo Bandello. Een van die stories uit hierdie sewe-volume werk word vandag gereken as 'n moontlike bron vir William Shakespeare se Hamlet.
François de Belleforest | |
---|---|
Gebore | 1530 Samatan, Frankryk |
Sterf | 1 Januarie 1583 |
Beroep | Skrywer, digter en vertaler |
Bekend vir | Histoires tragiques (1566–1583) La Pyrénée (ook bekend as La Pastorale amoureuse) (1571) |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article François de Belleforest, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.