Fenisies

Fenisies is 'n uitgestorwe Semitiese taal wat oorspronklik in die omgewing van die stede Tirus en Sidon gepraat is.

Uitgebreide handel tussen dié twee stede en kommersiële oorheersing het daartoe gelei dat Fenisies in die Ystertydperk 'n lingua franca van die Mediterreense streek geword het. Die Fenisiese alfabet het in dié tyd na Griekeland versprei, waar dit die bron van alle hedendaagse alfabette geword het.

Fenisies
Gepraat in: Kanaän, Noord-Afrika, Siprus, Iberië, Sisilië, Malta en Sardinië
Totale sprekers: Geen
Taalfamilie: Afro-Asiaties
 Wes-Semities
  Sentraal-Semities
   Noordwes-Semities
    Kanaänities
     Fenisies 
Skrifstelsel: Fenisiese alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: phn
ISO 639-3: phn

Die streek waar Fenisies gepraat is, sluit in die Noord-Levant, Anatolië, Sirië, Libanon, dele van Siprus en sommige aangrensende dele van Turkye. Dit is ook gepraat in die gebied van die Fenisiese kolonisasie aan die kus van die suidwestelike Middellandse See, insluitende dié van die moderne Tunisië, Marokko, Libië en Algerië, asook in Malta, Wes-Sisilië, Sardinië, Korsika, die Baleariese Eilande en Suid-Spanje.

In moderne tye is die taal in 1758 die eerste keer deur die Franse geleerde Jean-Jacques Barthélemy ontsyfer, wat aangedui het die naam "Fenisies" is die eerste keer daaraan gegee deur Samuel Bochart, ook van Frankryk.

Skryfstelsel

Fenisies is geskryf in die Fenisiese alfabet, 'n abjad (konsonantskrif) wat uit die Proto-Sinaïtiese skrif ontstaan het. Dit het later die basis van die Griekse alfabet en nog later van die Latynse alfabet geword. Alle hedendaagse alfabette het uit dié skrifte voortgevloei.

Verwysings

Skakels

  • Fenisies  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Fenisiese alfabetGeskiedenis van die alfabetGriekelandLingua francaMediterreenseSemitiese taalfamilieSidonTirusYstertydperk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Gianna MichaelsUniversiteit StellenboschMiddelmisbruikVerenigde State van AmerikaMeningsverskil oor aardverwarmingAluminiumUnited Africans TransformationTermietYstervarkChemiese verbindingDoelwitVeelrassige pornografieKroepLys van politieke partye in Suid-AfrikaSuid-AfrikaKoekie (rekenaarwetenskap)VrymesselaryLeonardo da VinciGeskiedenis (vakgebied)Sias ReineckeKatjieSeksueel oordraagbare infeksieBinnelandersGroot Muur van ChinaMoedersdagRepubliek VenesiëRookgewoonteKatVloeistofNasiebouWet op NaturellengrondHamilton WesselsChristendomBruin menseLys van Suid-Afrikaanse musikanteVlekvrye staalVier temperamenteKokerboomPuberteitBreyten BreytenbachAalwynVarkSlawernyEtniese groepFietsEgipteNuwe TestamentAvbobLys van medisinale kruieFiela se kindMuisvoëlIsraelVergelykings (taalkunde)KewerRacheltjie de BeerWolmaransstadMenslike penisgrootteRekeningkundeBeaufortskaalIslamitiese mitologieKasterolieNieuwoudtvilleKalsiumNederlandsLongLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)BiblioteekBeesvleisProstaatkankerBesoedelingKommunikasieSportSjibboletOopbroninhoudSteenkool🡆 More