Eswatini-Spoorweë

Die Eswatini-spoorweë, voorheen bekend as Swazi Rail, is die nasionale spoorwegkorporasie van Eswatini.

Eswatini-Spoorweë

Oorsig

Eswatini-Spoorweë 
Kaart van die Eswatini-spoorweë se netwerk

Soos in die res van Suider-Afrika, is die 301 km-lange spoorstelsel van Eswatini volgens die smal Kaapspoor van 1 067 mm gebou. Die Eswatini-spoorweë bied slegs vervoerdienste van goedere aan, geen passasiers nie.

Die spoorweë word gebruik om die landingeslote land met die see te verbind. Die ooswesskakel, genoem die Goba-lyn, lei van Matsapha (naby Manzini) deur Sidvokodvo, Phuzumoya en Mpaka na Goba in Mosambiek. Van Goba bied 'n lyn van die Mosambiekse Hawens en Spoorweë verbindings na die hawens van Matola en Maputo.

Die Eswatini-spoorweë besit ook twee verbindings na Suid-Afrika: 'n noordelike skakel vanaf Mpaka te Komatipoort in Mpumalanga op die Pretoria–Maputo spoorlyn, en 'n suidelike skakel van Phuzumoya te Golela in KwaZulu-Natal, waar die Transnet-netwerk dit verbind met die hawens van Richardsbaai en Durban.

In Januarie 2012 is die Swazilink-projek aangekondig, wat Sidvokodvo met Lothair in Mpumalanga, Suid-Afrika, sou verbind. Dit sou die steenkoolvragverkeer herlei na die Richardsbaailyn, en daardeur druk op die huidige Mpumalangalyne verlig. In Junie 2014 het Swazi Rail egter beraam dat die skakel R17 miljard sou kos, en waarskynlik eers diens sou betree in 2017.

Eksterne skakels

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Eswatini-Spoorweë OorsigEswatini-Spoorweë SwazilinkEswatini-Spoorweë Eksterne skakelsEswatini-Spoorweë VerwysingsEswatini-SpoorweëEswatini

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Thys die BosveldklongBlourokkeVlekvrye staalInsekSpelerposisies in rugbySelfieSeksuele opwekkingFinale OplossingGriepMiskruierHomofoonGroot DepressieKolonisasieCarike KeuzenkampKoos du PlessisSoogdierSelfmoordDeon GrootWoordKlem-in-die-kaakPikkewynOntwikkelde landCradock-4Lys van medisinale kruieLandbouSenuweestelselSeksueel oordraagbare infeksieEdel Agtvoudige PadRob HersovVlinderPuberteitYsterDuitse maselsMonumentRefentse MorakeHartaanvalVulvaPaulus van TarsusVryheidsdagOnderhandelinge om apartheid te beëindigSiya KolisiVoornaamwoordGasDundermKommunikasieJan van HunksRina HugoHipoteseNelson MandelaProteïenMensAbstraksie (rekenaarwetenskap)Lys van Afrikaanse rolprenteRamsar-vleilande in Suid-AfrikaKragopwekkingNeptunusLys van Suider-Afrikaanse soogdiereMonoloogTradisionele literatuurPad na jou hartBTWSeksismeMiddeloorontstekingSirkelBergImpakte van toerismeRugbyRooiChristogramNasiebouWeervoorspellingConsolidated B-24 LiberatorLiewe HeksieAs jy sing🡆 More